18/06/2026
Aksiefoto's van die hokkiewedstryd tussen Keetmanshoop Privaatskool en Privaatskool Elnatan in Keetmanshoop gister! Geniet! 🧡
Kwaliteit onderrig in 'n plattelandse omgewing
Geleë tussen die 52 palmbome wat reeds die volwasse ouderdom van meer as 115 jaar bereik het en voortdurend gevoed word deur die onuitputlike artesiese bronne van Stampriet, kan 'n kind nie in meer ideale omstandighede skoolgaan nie.
18/06/2026
Aksiefoto's van die hokkiewedstryd tussen Keetmanshoop Privaatskool en Privaatskool Elnatan in Keetmanshoop gister! Geniet! 🧡
18/06/2026
Graad 3 en Wiskunde!
Die Graad 3's het vir die tema "Massa", koppiekoekies gebak.
Party maats se mates was bietjie "uit" en die koekies het oorgeloop. Só oefen-oefen leer hulle. 🧡
18/06/2026
Wat lê nog voor die week!
Sien jou daar! 🧡
17/06/2026
Voorspoed aan al ons sportspanne teen Keetmanshoop Privaatskool en Roots Gymnasium vandag! Geniet julle wedstryde! 🧡
Uitslae van die wedstryde:
1ste Hokkiespan verloor teen KPS 3 - 0
Rugby O/15 wen 17 - 10 teen KPS
Tjokkers verloor 6 - 2 teen KPS en wen 2 - 0 teen PSK
Midi's verloor teen KPS 4 - 2 en wen PAK 10 - 1
Netbal O/7 verloor 2 - 0 teen KPS
Netbal O/8 verloor 6 - 4 teen KPS
Netbal O/10 wen 9 - 5 teen KPS
Netbal O/13 wen albei wedstryde teen KPS en PSK
1ste Rugbyspan speel op Stampriet by Roots Gimnasium se velde! Uitslag 36 - 25 vir Roots Gimnasium.
Dit was 'n lekker reënerige wintersdag en 'n lekker sportdag! 🧡
16/06/2026
15/06/2026
B O O G S K I E T
Die naweek se uitslae.
Jannie Schoeman is 3rde by 2D Juniors en onder die top 10 van Bulls eye.
Hardus van Wyk is 6de van al die junior seuns en onder die top 10 van Bulls eye
Migael Saayman is 9de ook in 3D.
Cailin Campbell is ook onder die top 10 vir Junior meisies overall.
Baie geluk aan almal met die uitslae. 🧡
14/06/2026
M A T R I E K A F S K E I D - Uitnodings is uit met 'n heerlike High Tea by die Histories Gastehuis in Stampriet! 🧡
Dankie aan die Graad 11 en ouers! Dit was pragtige en heerlik.
13/06/2026
Voorspoed aan ons twee Idiomestrydspanne wat vandag weer die stryd in Windhoek voortsit! 🧡
Van links na regs: Cobus van Heerden, Lisa Booysen, Elizma Booysen en Theo Rossouw.
11/06/2026
Privaatskool Elnatan se graad 3's het besoek gaan aflê by verskeie plekke in Stampriet vir die Omgewingsleer tema, Publieke dienste.
Ons sê baie dankie aan Kaap Agri, Nampost, die Polisiestasie asook OK Grocer vir julle vriendelikheid.
Dit was ń belewenis!
09/06/2026
🧡 Trots Elnatan 💙