Goeiedag almal
Ons Matrieks het vandag hul tops ontvang.
Lyk hulle nie pragtig nie??
Ashton Sekondêre Skool
Dis 'n blad om inligting deur te gee aan leerders van Ashton Sekondêre Skool.
Geagte Ouers/ Voogde en leerders.
Ons het goeie nuus ontvang, Ashwin Wiese is veilig terug by die huis.
Dankie vir almal se gebede.
Groete
11/06/2026
Geagte Ouers/ Voogde en Leerders
Ashwin Wiese se ouers is rasend van bekommernis.
Hy is vanoggend uit die huis skool toe, en het nog nie terug gekeer huis toe nie.
As enige van u of sy maats weet waar hy hom bevind kan u-hulle enige onderwyser kontak, of hy self moet asb. kontak maak met sy ouers.
U hulp sal baie waardeer word in hierdie verband.
Groete
11/06/2026
04/06/2026
Geagte Ouers/ Voogde
Die volgende Pos is beskikbaar by ons skool.
Sien advertensie vir verdere besonderhede.
Groete
Oproep aan die Gemeenskap:
Geagte Gemeenskapslede
Namens die leerders, ouers en personeel wil ek graag 'n ernstige beroep doen op almal in ons gemeenskap om gedurende hierdie belangrike eksamentydperk ons kinders te ondersteun deur 'n rustige en bevorderlike leeromgewing te help skep.
Baie van ons leerders werk hard om vir hul eksamens voor te berei. Ongelukkig ervaar sommige van hulle uitdagings soos beperkte studieruimte, geen lessenaar of privaat plek om te leer nie. Vir baie van hierdie kinders is 'n stil huislike omgewing die enigste hulpmiddel wat hulle het om suksesvol te kan studeer.
Ons ontvang gereeld terugvoer van matriekleerders wat aandui dat hulle binne hul huise probeer leer, maar dat harde musiek uit omliggende huise hul konsentrasie en voorbereiding negatief beïnvloed. Daarom vra ons vriendelik dat inwoners asseblief hul musiek op 'n redelike volume sal hou en bedagsaam sal wees teenoor die leerders in hul omgewing.
Ons matrieks staan voor 'n baie belangrike week:
Maandag: Geografie
Dinsdag: Besigheidstudies en Lewenswetenskappe
Donderdag: Verbruikerstudies
Vrydag: Wiskundige Geletterdheid
Hierdie vakke vereis deeglike voorbereiding, en elke leerder verdien die geleentheid om in 'n rustige atmosfeer te kan studeer.
Kom ons neem die houding aan dat "my kind is jou kind". Die sukses van ons kinders is die sukses van ons gemeenskap. Deur mekaar te ondersteun, bou ons 'n sterker, meer omgee-gemeenskap wat in die toekoms van ons jongmense belê.
Ons vra dus vriendelik vir u samewerking en begrip gedurende hierdie tyd. 'n Klein gebaar van oorweging kan 'n groot verskil maak in die lewe van 'n leerder wat hard werk om sy of haar drome te verwesenlik.
Baie dankie vir u ondersteuning, omgee en samewerking.
Saam bou ons ons gemeenskap op — een leerder op 'n slag.
Vriendelike groete,
Juffrou Gisela Jass 🤎
29/05/2026
Goeiedag
Net 'n verandering by die toegangsfooie.
28/05/2026
Goeiedag
Ons Rugby spanne speel Vrydag teen Gerrit Du Plessis Riversdal, tuis.
Kom en ondersteun ons manne
_Always remember, in a world where you can be anything, be kind, patient, understanding and be an example of Gods love, because you may be the only bible someone ever reads. But most importantly be gentle with yourself !!! ✨❤️💙_
_BE KIND TO OTHERS !!! Let's show kindness to everyone around us. Small gestures can brighten someone's day. 💙❤️_
_
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Ashton
6715
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 15:00 |
| Tuesday | 08:00 - 15:00 |
| Wednesday | 08:00 - 15:00 |
| Thursday | 08:00 - 15:00 |
| Friday | 08:00 - 15:00 |