26/06/2026
๐Die vakansie is hier!๐
Lรช bietjie langer in die bed.
Drink warm sjokolade.
Kruip onder die kombers.
Lees 'n boek.
Maak herinneringe.
En geniet elke oomblik van die wintervakansie!
Matrieks...Julle winterskool wag!
Gebruik hierdie geleentheid om goed voor te berei vir die eindeksamen. Elke sessie bring julle 'n tree nader aan julle doelwitte.
Aan al ons leerders, ouers en personeel โ dankie vir julle harde werk hierdie kwartaal. Mag die vakansie vir elkeen rus, vreugde en nuwe energie bring.
๐ฉต Bly veilig, bly warm en geniet die vakansie! Ons sien julle weer binnekort! ๐
25/06/2026
โผ๏ธBelangrike Kennisgewingโผ๏ธ
Ons herinner ons ouers dat leerderrapporte sal op Dinsdag, 28 Julie, tydens die Oueraand uitgereik word.
21/06/2026
๐ Gelukkige Vadersdag! ๐
Vandag vier ons al die ongelooflike pa's, stiefpa's, oupas en vaderfigure wat met liefde, leiding en ondersteuning 'n verskil maak in kinders se lewens.
Ons d**k ook vandag aan die sterk mammas wat elke dag beide die rol van ma รฉn pa vervul. Julle opoffering, krag en onvoorwaardelike liefde gaan nie ongemerk verby nie.
Mag elkeen wat 'n kind se lewe met liefde raak, vandag spesiaal en waardeer voel.
19/06/2026
'n Atmosfeer wat die Springbokke sou trots maak๐ฟ๐ฆ
En 'n getroue Bul-ondersteuner.
Van groen en goud tot landsvlagkleure โ ons leerders het behoorlik gewys hoe trots hulle is om Suid-Afrikaans te wees. โค๏ธ๐๐๐๐ค๐ค
Ons Jeug Maak 'n Verskil!
18/06/2026
Vandag was die gemiddelde ouderdom op ons skoolterrein omtrent 100 jaar!
Gelukkig het die kieries gehou, die brilletjies nie weggeraak nie en die "oumas" en "oupas" het dit betyds klas toe gemaak! ๐ต๐ด
Ons leerders het hulself oortref met hul kreatiewe uitrustings ter viering van ons 100ste skooldag.
100 Dae Slimmer โ Ons Jeug Maak 'n Verskil!
18/06/2026
Klein mensies en groot persoonlikhede!
Van kleurvolle uitrustings tot vrolike glimlagte โ ons leerders het die tema "Jonk en Vrolik" perfek uitgebeeld.
As deel van die pret het hulle ook Internasionale Fudge-dag gevier met 'n heerlike blokkie fudge! ๐ซ
16/06/2026
Leerders wat 'n krieketstel het, moet dit asb saambring๐
16/06/2026
๐ Jeugweek-uitdaging! ๐
Ons het diep in die foto-albums gaan grawe en foto's van ons onnies toe hulle nog klein was, uitgehaal. ๐ถ๐ธ
Kan jy raai wie is wie?
Plaas jou antwoorde in die kommentaar!
Die antwoorde sal vanmiddag geplaas word.
16/06/2026
Ons Jeugweek & 100ste Skooldag-vieringe vind hierdie week plaas! ๐ฏ
Maak seker julle is gereed vir:
๐ Trek jonk en vrolik aan
๐ Ons 100ste Skooldag
๐ Trots Suid-Afrikaans
Kom ons maak saam onvergeetlike herinneringe en vier hoe ons jeug 'n verskil maak! โค๏ธ