23/06/2026
Skildery... ń Kommissiewerk wat ek as geskenk moes doen van hoe die sonsopkoms op die strand was toe sy JA gesê het. 🤍
Skildery is vasgevang in
die boonste die boonste deel van die reel🤍
Olieverf op doek
Kunstenaar: Gerda van der Merwe
Verkoop
.
13/06/2026
Ons innige meegevoel familie en vriende met die afsterwe van Portchie.
RIV PORTCHIE
07/06/2026
🎨 Vir drie dae fokus ons op die grondslag van elke suksesvolle portret.
Ons begin waar elke realistiese portret begin — by die verstaan en meng van velkleure.
✔️ Meng olieverf vir ’n volledige velkleur-verwysingskaart wat jy in jou eie flip file kan bêre en telkens as hulpmiddel kan gebruik.
✔️ Verstaan die verskil tussen warm en koel veltone.
✔️ Skets ’n gesig met groter sekerheid en korrekte verhoudings op doek.
✔️ Bou vorm, diepte en karakter deur lig en skadu.
✔️ Skilder stap vir stap ’n realistiese portretstudie.
Of jy nou ’n beginner of ’n ervare kunstenaar is, hierdie werkswinkel sal jou help om met groter selfvertroue, begrip en tegniese vaardigheid portrette te skilder.
🔥 Spesiale aanbod
Bespreek al drie dae en ontvang R600 afslag.
Die normale prys vir die drie dae is R2100, maar jy betaal slegs R1500.
✨ Plekke is beperk. Bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.
Die waarde van hierdie werkswinkel lê nie net in die portret wat jy voltooi nie, maar in die kennis en praktiese verwysingsmateriaal wat jy vir jare daarna sal gebruik. 🎨.