Laerskool Unika

Laerskool Unika

Share

18/06/2026

🏏🌟 Baie geluk, Jayden Bates! 🌟🏏

Ons is ongelooflik trots op Jayden Bates (Graad 7) wat tydens die Jozi Cup 2026 ’n besondere prestasie behaal het.

Jayden is aangewys as die O.13 Seuns Bouler van die Toernooi nadat hy deurentyd met uitstekende boulwerk beΓ―ndruk het.

πŸ“Š Toernooistatistieke:
🏏 Wedstryde gespeel: 7
🏏 Paaltjies geneem: 12
🏏 Economy rate: 4.38
🏏 Beste boulsyfers: 3 paaltjies vir 16 lopies

Hierdie prestasie is ’n bewys van Jayden se harde werk, toewyding en talent. Ons is trots op die manier waarop hy homself, sy span en Laerskool Unika verteenwoordig het.

Baie geluk, Jayden! Ons wens jou alle sterkte toe met die res van die seisoen.

18/06/2026

🎾🌟 Baie geluk, Liam de Wet! 🌟🎾

Ons is ongelooflik trots op Liam de Wet wat vir die Johannesburg O.15A Tennisspan gekies is. Die A-span sal in Januarie 2027 aan die Skole Interprovinsiale Toernooi (IPT) in Pretoria deelneem.

Wat hierdie prestasie nΓ³g meer besonders maak, is dat Liam tans eers in die O.13-ouderdomsgroep speel. Om reeds op so ’n jong ouderdom vir ’n O.15-provinsiale span gekies te word, is ’n merkwaardige bewys van sy talent, harde werk en toewyding.

Baie geluk, Liam! Ons wens jou alle sterkte toe met jou voorbereiding en weet jy gaan Unika met trots verteenwoordig. Geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid!

Photos from Laerskool Unika's post 18/06/2026

🎨🌟 Baie geluk, Anika Bauermeister! 🌟🎭
Anika het onlangs aan die Con Spirito-kompetisie deelgeneem en uitstekende prestasies behaal!
πŸ–ŒοΈ Kuns
🎨 Olieverf – 94% πŸ† Itemwenner en deur na die Forte-rondte
🎨 Akriel – 94% πŸ† Itemwenner en deur na die Forte-rondte

🎭 Drama
🌟 Monoloog – 90%

Wat ’n besondere prestasie! Jou kreatiwiteit, talent en harde werk het beslis vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die Forte-rondte. Hou aan om te skitter! ✨

18/06/2026

🌟🎭🎨 Baie geluk aan Emma en Alexander Bob! πŸ“šπŸŒŸ
Die Bob-boetie en -sussie het uitstekend presteer tydens die Con Spirito-kompetisie en ons is ongelooflik trots op hul harde werk, talent en toewyding!

🎭 Emma Bob
🎭 Voorgeskrewe PoΓ«sie – 90%
🎭 Monoloog – 91%
🎭 Gedramatiseerde Prosa – 93% ⭐ Itemwenner en deur na die Forte-rondte
🎭 Gedramatiseerde PoΓ«sie – 94% ⭐ Itemwenner en deur na die Forte-rondte
🎨 Acrylic Paint – 91% ⭐ Itemwenner en deur na die Forte-rondte
🎨 Gemengde Medium – 89%
πŸ“– Voorbereide Lees – 96% ⭐ Itemwenner en deur na die Forte-rondte

πŸ“š Alexander Bob
πŸ“– Voorbereide Lees – 94%
πŸ“– Onvoorbereide Lees – 89%

Baie geluk met hierdie besonderse prestasies! Julle harde werk, voorbereiding en passie vir kultuur het beslis vrugte afgewerp. Ons wens Emma alle sterkte toe vir die Forte-rondte en sien uit daarna om nog baie van albei se talente te beleef.

Ons is ongelooflik trots op julle!

Photos from Laerskool Unika's post 18/06/2026

🎨🌟 Baie geluk aan die Barnard-boeties! 🌟🎨

Wat ’n ongelooflike prestasie! Eben en Iwan Barnard het albei met beide hul kunsinskrywings deurgedring na die finale nasionale rondte van Con Spirito. Julle talent, kreatiwiteit en harde werk het beslis vrugte afgewerp!

πŸ–ŒοΈ Eben Barnard (Graad 7)
🎨 Robotic VoΓ«l – A+++ (96%)
🎨 Noag se Ark (kleurpotlood) – A++ (94%)

πŸ–ŒοΈ Iwan Barnard (Graad 4)
🎨 Vir Jesus (kleurpotlood) – A+++ (97%)
🎨 Futuristic (potloodskets) – A+++ (97%)

Ons is ongelooflik trots op julle uitstekende prestasies en wens julle alle sterkte toe vir die finale nasionale rondte. Julle verteenwoordig Unika met trots!

πŸŽ¨πŸ†

17/06/2026

πŸ’°πŸ›οΈ Graad 3 Mini-Markdag! πŸ›οΈπŸ’°

Ons Graad 3-leerders het vandag die geldkennis wat hulle deur die jaar geleer het, op ’n praktiese en prettige manier tydens hul eie mini-mark toegepas.

Met die junior-leerders as hul kliΓ«nte, moes die Graad 3’s self verkope hanteer, pryse bereken, geld ontvang en sorg dat die regte kleingeld teruggegee word. Dit was ’n uitstekende geleentheid om wiskunde buite die klaskamer te beleef en te ontdek.

’n Groot dankie aan ons toegewyde juffrouens vir hul ondersteuning en beplanning, asook aan al die ouers en oumas wat gehelp het. Julle betrokkenheid maak ’n groot verskil! 🌟

17/06/2026

🌟 Baie geluk aan Mila en Evah Jordan! 🌟

Die Jordan-susters het onlangs uitstekend presteer tydens die Con Spirito-kompetisie, en ons is ongelooflik trots op hulle prestasies!

πŸ“– Mila Jordan
β€’ Voorbereide Lees – 94% πŸ†
β€’ Voorbereide Gediglees – 94% πŸ†

Mila is vir albei items as wenner aangewys en dring deur na die volgende rondte van die kompetisie. Wat ’n besondere prestasie! Jou harde werk, voorbereiding en talent het beslis vrugte afgewerp.

🎨 Evah Jordan
β€’ Kunswerk – 89% πŸ–ŒοΈ

Evah het met haar kreatiwiteit en talent beΓ―ndruk en ’n uitstekende persentasie behaal. Haar prestasie is ’n bewys van haar toewyding en passie vir kuns.

Baie geluk aan julle albei! Julle maak ons trots en is ’n inspirasie vir ander leerders. Ons wens Mila alle sterkte toe vir die volgende rondte en sien uit daarna om nog baie van albei se talente te beleef.

πŸ“šπŸŽ¨πŸ†βœ¨

17/06/2026

πŸŽ‰ Baie geluk, Mila! πŸŽ‰

Ons is ongelooflik trots op jou prestasie!

Mila het vanjaar aan die Gauteng Laser Run deelgeneem in die O/11-kategorie. By die Gauteng Kampioenskappe, wat Saterdag plaasgevind het, het sy nie net eerste plek in haar ouderdomsgroep behaal nie, maar ook gekwalifiseer en is sy gekies om deel van die Gauteng-span te wees wat Suid-Afrika van 2–4 Julie in Pietermaritzburg gaan verteenwoordig.

Wat hierdie prestasie nΓ³g meer besonders maak, is dat Mila die jongste lid van die span is en teen deelnemers meeding wat ouer as sy is, aangesien Gauteng se ouderdomsgroepe elke tweede jaar saamgegroepeer word.

Laser Run is deel van die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkampvereniging (SAMPA) en is ’n internasionaal erkende, Olimpiese sportsoort wat hardloop en skiet met ’n laserpistool kombineer.

Mila, wat ’n besondere eer om Gauteng te mag verteenwoordig! Ons wens jou alle sterkte toe vir die SA Kampioenskappe en weet jy sal die provinsie met trots verteenwoordig. πŸŒŸπŸƒβ€β™€οΈπŸŽ―

Photos from Laerskool Unika's post 17/06/2026

⭐ Baie geluk aan die Liebenberg-gesin met hulle uitstekende prestasies by Con Spirito! ⭐
πŸŽ‰ Arabella en Nathan het met toewyding, selfvertroue en groot entoesiasme deelgeneem.
Hulle harde werk en liefde vir redenaars, voordrag en lees het duidelik vrugte afgewerp, en hulle het hulself besonder goed van hul taak gekwyt. Ons is ongelooflik trots op hierdie twee leerders se puik prestasies! πŸŽ‰
🌟 Arabella Liebenberg (Graad 2) het die volgende behaal:β€¨πŸ—£οΈ Redenaars - Motiverings Toespraak – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“– Afrikaans Voorbereide Lees – Deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“š English Prepared Reading – Deur na die Forte-rondte πŸ…
🌟 Nathan Liebenberg (Graad 5) het die volgende behaal:β€¨πŸ—£οΈ Redenaars - Afrikaans Voorbereid: Eie Keuse – Deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ—£οΈ Redenaars - Motivering – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ—£οΈ Redenaars - Afrikaans Eksperimenteel – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ—£οΈ Public Speaking - English Unprepared – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ—£οΈ Public Speaking - English Experimental – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸŽ­ Afrikaans Limeriek – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸŽ­ Afrikaans Gedramatiseerde PoΓ«sie – Deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“– Onvoorbereide Bybellees – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“– Onvoorbereide Lees – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“– Voorbereide Bybellees – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“– Voorbereide Gediglees – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“– Voorbereide Lees – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…β€¨πŸ“š Unprepared Reading – Itemwenner πŸ† en deur na die Forte-rondte πŸ…
🌟 Julle is ware ambassadeurs van ons skool. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasies, en sterkte met die Forte-rondte! Ons hou duim vas vir julle!

Want your school to be the top-listed School/college in Randburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address

Oak Street, Robindale
Randburg

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00