BergKaree Akademie/Academy

BergKaree Akademie/Academy

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from BergKaree Akademie/Academy, School, 12 Hügel Street, Windhoek.

Photos from BergKaree Akademie/Academy's post 22/06/2026

By BergKaree Akademie glo ons dat leer nie net tussen vier mure plaasvind nie. Elke dag bied nuwe geleenthede om te ontdek, te vra, te ervaar en te groei. So ons maak 'n punt daarvan om gereeld op uistappies te gaan.

Ons moedig leerders aan om nuuskierig te wees, vrae te vra en die wêreld rondom hulle as deel van hul leerreis te sien.

Wanneer leer betekenisvol is, onthou kinders dit vir 'n leeftyd.

18/06/2026

By Bergkaree Akademie verstaan ons dat elke leerder unieke sterkpunte het en op sy of haar eie manier leer. Daarom begin elke leerder se reis by ons met 'n opvoedkundige sielkundige evaluering.

Op grond van die evaluering ontvang elke leerder 'n persoonlike leerplan wat spesifiek by sy of haar breinprofiel en leerstyl aangepas is. Deurlopende monitering en gereelde aanpassings verseker dat die leerplan so doeltreffend moontlik bly namate die leerder ontwikkel.

Hierdie proses help leerders om hulself en hul eie manier van leer beter te verstaan, terwyl dit ons onderwysers toerus met die kennis om elke leerder doelgerig te ondersteun en optimaal in die klaskamer te akkommodeer.

By Bergkaree Akademie glo ons dat wanneer 'n kind verstaan word, kan hy of sy met selfvertroue groei en presteer.

06/06/2026

BergKaree Akademie glo ons kinders móét daarvan hou om skool toe te kom.

En weet jy wat? Dit is nie so moeilik nie.

Ons doen nie elke dag wilde toertjies of trek soos narre aan om kinders gelukkig te hou nie. Ons glo eerder in iets baie eenvoudiger.

Ons maak seker elke kind word gesien. Gehoor. Verstaan.

By ons het elke kind 'n plek waar hulle behoort, en ons is opreg dankbaar om hulle deel van ons BergKaree-familie te noem. Akademie

30/05/2026

Have you met our adorable four-legged ambassador, Theodore, yet?

He’s stealing hearts and spreading smiles at our stall today! Come say hello, snap a photo, and discover everything we have to offer at the Baby Expo

Photos from BergKaree Akademie/Academy's post 30/04/2026

Dis lekker om in BergKaree te wees!

Photos from BergKaree Akademie/Academy's post 27/04/2026

'n Nuwe bladsy vir jou kind se toekoms
Vind uit wat maak ons uniek.

15/04/2026

Ons glo dat die beste leer die beste is in klein groepies. Deur in klein groepies te werk, kan ons ons benadering by jou spesifieke behoeftes aanpas en seker maak elke leerder se aandag is by die les en nie by die "gogga" op die muur nie.
Kom ervaar self die verskil wat individuele aandag aan jou vordering kan maak.

30/03/2026
Want your school to be the top-listed School/college in Windhoek?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


12 Hügel Street
Windhoek
10005

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:30