23/06/2026
🐎 Ruiters 🐎
Die Ranties is voorwaar trots op ons ruiters wat aan die SANESA Gauteng Johannesburg vierde kwalifiseerder deelgeneem het en fantastiese uitslae behaal het.
Met elke ronde, sprong en oomblik in die arena het ons ruiters gewys dat ware sukses op moed, vertroue en die besondere band tussen ruiter en perd gebou word. Julle het nie net puik presteer nie, maar ook die Rantie-naam met waardigheid en trots uitgedra.
Mag hierdie prestasies julle inspireer om aan te hou droom, hard te werk en elke nuwe uitdaging met dieselfde vasberadenheid aan te pak. Ons vier saam met julle en sien uit na nog baie hoogtepunte op die pad vorentoe.
23/06/2026
🤸♀️ Tuimel Eagles Cup 2026 🤸♂️
Ons is ongelooflik trots op ons Rantie-tuimelgimnaste wat die afgelope naweek aan die Eagles Cup 2026 deelgeneem het. Julle harde werk en toewyding het weereens pragtige resultate opgelewer.
Baie geluk aan al ons gimnaste wat met trots Randhart se naam hoog gehou het. Julle het uitstekende prestasies behaal en bewys dat harde werk altyd vrugte afwerp.
🏅 'n Spesiale woord van gelukwensing aan ons medaljewenners:
🥇 Goud: Ane de Jager, Emy Vogel, Mila Gomes, Nicole Naudé en Octavia Kleynhans.
🥈 Silwer: Emy Vogel, Carli le Roux, Mila Gomes, Kean Swanepoel, Lua-me Klingbiel, Vonné Feuth en Carli le Roux.
🥉 Brons: Jessica du Plessis, Nicole Naudé en Kean Swanepoel.
'n Groot dankie aan ons afrigters van Alberton Twisters vir hul passie, leiding en ondersteuning, asook aan al die ouers wat hul kinders getrou aanmoedig en ondersteun.
22/06/2026
❤️ Dankbare hart ❤️
Met opregte dankbaarheid vier ons die ongelooflike vrygewigheid van die ouers van Laerskool Randhart. Danksy die borgbydraes van ons ouergemeenskap, saam met Mnr. en Mej. Rantie, kon ’n skenking van R50 000,00 aan Tutela oorhandig word.
Hierdie betekenisvolle bydrae sal ’n waardevolle verskil maak en help om Tutela se belangrike werk en doelwitte verder uit te bou. Ons is ongelooflik trots op ’n gemeenskap wat met oop ❤️e gee en só hoop en ondersteuning aan ander bring.
💙❤️🤍 Saam maak ons ’n verskil – een daad van omgee op ’n slag. 💙❤️🤍