Perseverance Landbou Akademie

Perseverance Landbou Akademie

Share

'n SAQA en BQA-geakkrediteerde, privaat, landboukollege, wat van NQF Vlak 4 - Vlak 7 (B.Agric Graad) aanbied, geleë in die Bloemfontein distrik.

Wêreldklas teoretiese en praktiese landbouopleiding waar studente kan groei met kennis, en oes met waarde. Die Vrystaat Landboukollege, is ‘n opwindende nuwe inisiatief vanuit die Vrystaat landbougemeenskap om ‘n volwaardige, volle residensiële Landboukollege daar te stel vir Afrikaanssprekende studente, wat graag ‘n industrie-gedrewe Landbou Diploma wil verwerf, met die volle studente ervaring van kampuslewe, sport en jonkwees.

18/06/2026

Die voorbereiding vir die toekoms stop nooit. Ons is reeds agter die skerms besig met groot dinge vir ons volgende groot inname. Bly ingeskakel!

16/06/2026

🌾 Gelukkige Jeugdag! 🌾

Vandag vier ons die krag, energie en passie van ons jeug. Die toekoms van landbou lê in die hande van die nuwe geslag - jong manne en vroue wat bereid is om hard te werk, te leer en die grond met respek te bewerk.

By Perseverance glo ons daaraan om ons studente toe te rus met die regte kennis sodat hulle ’n waardevolle oes vir die toekoms kan insamel. Mag julle altyd met deursettingsvermoë julle drome nájaag en die pad vorentoe oopbreek vir volhoubare landbou.

Geniet hierdie spesiale dag! 🚜🌱

15/06/2026

DIE WAG IS VERBY – MAAR DIT GELD NET VIR VANDAG! ⏱️

Die groot geheim is uit! Om ons laaste dag van aansoeke te vier, gee ons vir jou 'n massiewe 15% afslag op jou jaarlikse studiegeld as jy vandag aansoek doen en betaal.

Dit is jou finale kans om jou plek vir die nuwe semester of 2027 te verseker én terselfdertyd groot te spaar. Die horlosie tik...

Doen VANDAG aansoek en betaal om te kwalifiseer: https://pla.org.za/aansoekvorm-landbou-kwalifikasies-saqa-nqf-nasionale-diploma/
069 316 2661 / [email protected]

14/06/2026

Is jy gereed vir die groot verrassing wat more aangekondig word?...

13/06/2026

Hou ons blad komende Maandag fyn dop!....

11/06/2026

Tiaan Nel, tydens die i3A 2026 Gradeplegtigheid.

Ons is trots en bevoorreg om 'n satelliet kampus van die International Agricultural Academy for Africa (i3A) te wees, want dit beteken, onder andere, dat ons studente ook aan presies dieselfde top akademiese teorie blootgestel word dmv die Agri-Pedia platvorm, sowel as dieselfde ondersteuning deur i3A en die landbou industrie geniet.

As jy, soos Tiaan, ook oor die podium wil stap en 'n permanente merk in landbou wil los, skryf in by die Perseverance Landbou Akademie teen 15 Junie 2026.

https://pla.org.za/aansoekvorm-landbou-kwalifikasies-saqa-nqf-nasionale-diploma/
069 316 2661 / [email protected]

10/06/2026

Die spertyd is amper hier!
As jy hierdie Julie of volgende jaar ’n Nasionale Sertifikaat of Nasionale Diploma wil begin studeer, moet jy nou spring!
Aansoeke sluit eerskomende Maandag, 15 Junie.

https://pla.org.za/
069 316 2661 / [email protected]

09/06/2026

Soms is die beste geskenke nie dié wat in papier toegedraai is nie... maar dié wat jou toekoms gaan verander. 🎁✨

Die aftelling na 15 Junie het begin! Ons beplan iets GROOT wat jou landbou-loopbaan 'n enorme hupstoot gaan gee. Dit is nie jou gemiddelde verrassing nie, so maak seker jy hou ons blad dop.

Wie van julle is gereed om te begin boer met kennis? 🚜🌱

Want your school to be the top-listed School/college in Bloemfontein?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


Plaas Perseverance, Bainsvlei
Bloemfontein
9301