25/06/2026
Sentraal
Gholfdag
2026
Op 26 Augustus 1905 word die Vrije Christelike School onder die afdak van die Gereformeerde Kerk in Zastronstraat in Bloemfontein gestig.
Dit was ‘n nederige begin, toe 50 leerders deur D.F. du Toit (Oom Lokomotief), in hul moedertaal onderrig is. Om vir die leerders ‘n goeie verdienste te verseker, is veral klem gele op vakke soos hout-, naald-, mandjies-, karton- en kleiwerk. Ook die handelsonderwys is bevorder. Die skool het geleidelik in die rigting van ‘n voorbereidende tegniese skool ontwikkel. Die leerdertal het so gegroei da
25/06/2026
Sentraal
Gholfdag
2026
25/06/2026
23/06/2026
HOKKIE 🏑
Die volgende Tralie-afrigters is afrigters en spanbestuurders by die onderskeie SVS-spanne:
23/06/2026
REDENAARS
22/06/2026
Sentraal
VERJAARSDAGNAWEEK
Baie dankie aan Human Auto Ford Bloemfontein.
Vandag is nie net 'n besondere dag omdat ons skoolhoof verjaar nie, maar ook 'n dag van groot seën en dankbaarheid vir ons skool.
Ons wil ons opregte waardering uitspreek teenoor Human Auto vir die ruim skenking van 'n voertuig wat deur ons skoolhoof gebruik gaan word. Hierdie borgskap getuig van julle betrokkenheid by die onderwys en die gemeenskap, en dit maak 'n daadwerklike verskil.
Namens die Hoërskool Sentraal sê ons baie dankie vir hierdie onbaatsugtige skenking.
Ons sien uit na 'n lang en voorspoedige verbintenis met Human Auto.
Die Hoërskool Sentraal – trots op ons vennote, trots op ons toekoms.
18/06/2026
Baie dankie aan al die ouers wat bygedra het vir mnr. Liversage se verjaardaggeskenk. Julle ruimhartigheid en ondersteuning word opreg waardeer.
'n Spesiale woord van dank aan Carina van Cakes'Ala vir die pragtige en heerlike koek wat sy gebak het. Dit het die geleentheid ekstra spesiaal gemaak.
Ons is seker dat mnr. Liversage baie spesiaal gevoel het en dat hierdie geskenk vir hom kosbaar is.
Julle maak werklik 'n verskil.
18/06/2026
Mnr.Pieter Muller, voorsitter van die Hoërskool Sentraal Alumni, wens mnr. Charles Liversage geluk met sy verjaardag. Hy gee ook erkenning aan die hoof, namens die Alumni, vir uitnemende diens gelewer die afgelope vyf jaar.