Hoërskool Fichardtpark

Hoërskool Fichardtpark

Share

Hoërskool Fichardtpark is `n Top skool met `n Christelike karakter. JÓÚ tuiste, JÓÚ storie, JÓÚ toekoms
JÓÚ Voorkeurskool

25/06/2026
25/06/2026

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗛𝗢𝗞𝗞𝗜𝗘 🏑

Baie geluk aan ons eerste dogtershokkiespan-afrigter, me. Natalie Verkes, wat as afrigter vir die SFS-hokkiespan gekies is. Die span neem gedurende die vakansie, vanaf 27 Junie tot 1 Julie, aan die Streektoernooi in Boksburg deel.

Ons is ongelooflik trots op jou, Natalie!

25/06/2026

𝗙𝗘𝗗𝗦𝗔𝗦-𝗞𝗢𝗡𝗚𝗥𝗘𝗦

Personeelontwikkeling is vir Hoërskool Fichardtpark baie belangrik.

Ons twee adjunkhoofde, me. Anso Esterhuizen en mnr. Riaan Herholdt, het onlangs die FEDSAS-kongres in Somerset-Wes bygewoon.

Ons vertrou dat julle waardevolle kennis en insig opgedoen het, en sien daarna uit hoe julle hierdie kennis tot voordeel van ons skool sal benut.

25/06/2026

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗥𝗨𝗚𝗕𝗬 🏉

Baie geluk aan FT Fick wat ook ingesluit is in die Vrystaat o.17-rugbyspan.

Ons is ongelooflik trots op jou prestasie en wens jou alle voorspoed toe!

📸 absolutephotos2020

Photos from Hoërskool Fichardtpark's post 25/06/2026

𝗦𝗢𝗦 𝗡𝗔𝗦𝗜𝗢𝗡𝗔𝗟𝗘 𝗞𝗢𝗡𝗚𝗥𝗘𝗦 𝟮𝟬𝟮𝟲 - 𝗩𝗔𝗞𝗚𝗘𝗥𝗜𝗚𝗧𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗕𝗜𝗘𝗗𝗜𝗡𝗚𝗘 𝗗𝗔𝗚 𝟭

Woensdag, 24 Junie 2026 was die eerste vakgerigte dag van die Nasionale SOS Kongres in Pretoria. Ons Fichie personeel is bevoorreg om hierdie dag ook te kon bywoon.

Die sessies was gefokus op Wiskunde en die ons Wiskunde (en selfs nie-Wiskunde) personeel het dit baie insiggewend gevind - meer geleer oor onderrigtegnieke, klaskamerbestuur en nuwe KI-tegnieke in die klaskamer. Ons is ook bederf met dié skreeusnaakse Nataniel.

Die HOOGTEPUNT van die dag is dat Hoërskool Fichardtpark aangewys is as die wenners van die sosiale media kompetisie met ons video oor ons bywoning by SOS kongres!! Juf Elizri Malan was ook die wenner van die Pilot Skryfbehoefte stalletjie se gelukkige trekking.

Photos from Hoërskool Fichardtpark's post 25/06/2026

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗥𝗨𝗚𝗕𝗬 🏉

Ons onderskeie provinsiale rugbyspelers het onlangs hul klere-oorhandigingsfunksie bygewoon.

Mnr. Coenraad Klopper, President van die Vrystaat Rugbyunie, het die seuns met ’n spesiale boodskap sterkte toegewens. Neels Volschenk, kaptein van die Toyota Cheetahs, het die seuns ook gemotiveer met ’n besielende praatjie.

Baie geluk aan ons rugbymanne — ons is ongelooflik trots op julle!

25/06/2026

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗔𝗥𝗗𝗧𝗣𝗔𝗥𝗞 𝗧𝗥𝗢𝗧𝗦 🦁

Baie geluk aan ons Netbaldirekteur, Karla Pretorius, wat ingesluit is in die Protea-netbalspan vir hul toer na Glasgow, Skotland, vanaf 23 Julie tot 2 Augustus.

Karla, ons is ongelooflik trots op jou en wens jou alle voorspoed toe met hierdie besondere geleentheid!

𝗡𝗘𝗧𝗕𝗔𝗟𝗟 𝗦𝗢𝗨𝗧𝗛 𝗔𝗙𝗥𝗜𝗖𝗔 𝗔𝗡𝗗 𝗦𝗔𝗦𝗖𝗢𝗖 𝗖𝗢𝗡𝗙𝗜𝗥𝗠 𝗖𝗢𝗠𝗠𝗢𝗡𝗪𝗘𝗔𝗟𝗧𝗛 𝗦𝗤𝗨𝗔𝗗 🇿🇦

After months of planning and preparation, Netball South Africa and South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC) are pleased to confirm and announce the 12-person team to represent South Africa at the 2026 Commonwealth Games in Glasgow. The Commonwealth Games will take place between the 23rd of July and the 2nd of August in Scotland.

"We are confident that the team we have selected will represent our country well.
Within our extended squad we have exceptional players that has put in the hard work over the past couple of seasons, they are all ambitious and eager to represent South Africa and that is why a lot of time and diligence has gone into the selection process to ensure we consider all our options and select the players that fits into the game plan, objectives, and mandates of the assignment at hand." said Jenny van Dyk, South Africa Netball Team Head Coach.

The team consists of players who are playing both in South Africa and abroad. For the duration of the Commonwealth Games, the netball team will not be referred to as the SPAR Proteas — they will however form part of Team South Africa under the stewardship of SASCOC.

The chosen players are:
𝗞𝗵𝗮𝗻𝘆𝗶𝘀𝗮 𝗖𝗵𝗮𝘄𝗮𝗻𝗲; 𝗞𝗮𝗺𝗼𝗴𝗲𝗹𝗼 𝗠𝗮𝘀𝗲𝗸𝗼; 𝗧𝗮𝗿𝗹𝗲 𝗠𝗮𝘁𝗵𝗲; 𝗢𝘄𝗲𝘁𝗵𝘂 𝗡𝗴𝘂𝗯𝗮𝗻𝗲; 𝗥𝗲𝗳𝗶𝗹𝗼𝗲 𝗡𝗸𝗲𝘁𝘀𝗮; 𝗞𝗮𝗿𝗹𝗮 𝗣𝗿𝗲𝘁𝗼𝗿𝗶𝘂𝘀; 𝗡𝗶𝗰𝗼𝗹𝗮 𝗦𝗺𝗶𝘁𝗵; 𝗥𝗼𝗹𝗲𝗻𝗲 𝗦𝘁𝗿𝗲𝘂𝘁𝗸𝗲𝗿; 𝗘𝗹𝗺𝗲𝗿𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗲𝗿 𝗕𝗲𝗿𝗴; 𝗝𝗮𝗺𝗶𝗲 𝗚𝗼𝗹𝗼𝗯; 𝗞𝗮𝗿𝗹𝗮 𝗩𝗶𝗰𝘁𝗼𝗿 𝗮𝗻𝗱 𝗦𝗮𝗻𝗺𝗮𝗿𝗶𝗲 𝗩𝗶𝘀𝘀𝗲𝗿.

Netball South Africa President Mami Diale added: “We would like to wish Coach Jenny, her management team and entire squad everything of the best as they head to the Commonwealth Games. We have full confidence in them, and we know for sure that they will do their utmost best to represent the country well. As we hand them over to SASCOC, we do so with pride, knowing that this is our best team for this task and they will do well to represent us and the country at large.”

Netball South Africa extends its best wishes to the team as they prepare to represent our nation with pride and excellence on the international stage. Further details regarding team departure and broadcast arrangements will be shared in the coming days.


Team South Africa

Photos from Hoërskool Fichardtpark's post 24/06/2026

𝗦𝗪𝗘𝗘𝗧𝗣𝗔𝗞𝗣𝗥𝗢𝗝𝗘𝗞 𝟮𝟬𝟮𝟲

Hoërskool Fichardtpark het vanjaar weer ’n suksesvolle Sweetpakprojek gehad. Hierdie projek help om ons skool te bevorder, tot voordeel van ons leerders én die breër gemeenskap.

Ons is baie trots op elke leerder wat aan hierdie projek deelgeneem het. Baie dankie vir julle moeite en ondersteuning!

Baie geluk aan die volgende leerders wat die meeste kaartjies in hul onderskeie grade verkoop het:

Graad 8: Caeli Dry
Graad 9: Naruska Botha
Graad 10: Ziaan van Heerden
Graad 11: Zia-Né Claassen
Graad 12: Johnny Pottas

’n Spesiale gelukwensing aan Caeli Dry, wat algeheel die meeste kaartjies in die hele skool verkoop het.

Baie geluk aan julle almal. Ons waardeer julle harde werk en hoop julle geniet julle pryse!

Photos from Hoërskool Fichardtpark's post 24/06/2026

𝗙𝗜𝗖𝗛𝗔𝗥𝗗𝗧𝗣𝗔𝗥𝗞 𝗡𝗘𝗧𝗕𝗔𝗟

Baie geluk aan Chanté Mathews, ons o.15 A-netbalafrigter, wat gekies is om van 29 Junie tot 3 Julie by USSA as skeidsregter op te tree.

Ons is ongelooflik trots op jou prestasie en wens jou alle voorspoed toe!

Photos from Hoërskool Fichardtpark's post 24/06/2026

𝗦𝗢𝗦 𝗡𝗔𝗦𝗜𝗢𝗡𝗔𝗟𝗘 𝗞𝗢𝗡𝗚𝗥𝗘𝗦 𝟮𝟬𝟮𝟲: 𝗧𝗢𝗘𝗞𝗢𝗠𝗦𝗕𝗘𝗥𝗔𝗔𝗗

Op Dinsdag, 23 Junie 2026 was 8 van ons personeellede bevoorreg om die Solidariteit Nasionale Kongres se Toekomsberaad te kon bywoon. Ons het die geleentheid gehad om in die teenwoordigheid te wees van kenners in die onderwys, politieke leiers en mede-kollegas van regoor die land. Die indrukwekkende geboue van die Voortrekkermonument in Pretoria maak hierdie ook 'n fenomenale atmosfeer.

Solidariteit

Want your school to be the top-listed School/college in Bloemfontein?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


24 Hudsonrylaan, Fichardtpark
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00