Tel die dae af… ons is amper daar! 💚
Primêre Skool Jim Fouché
Die Kindervriendelike Skool - Die Ouervriendelike Skool - Die Personeelvriendelike Skool
24/06/2026
🌱 Saai vreugde! 🌱
’n Glimlag, ’n vriendelike woord en ’n dankbare hart laat vreugde groei.
Terwyl ons die laaste paar skooldae aanpak, kom ons vul dit met geluk, vriendelikheid en mooi herinneringe saam met maats en onderwysers. Elke oomblik wat ons vandag saai, word môre ’n kosbare herinnering.
Nog net 2 dae tot die vakansie!
💚Saai om te Oes💚
Ons Dream Hunt Geluktrekking het vandag plaasgevind.
Baie geluk aan ons wenner! 🏆🦌
’n Opregte dankie aan elke persoon wat ’n kaartjie gekoop en hierdie fondsinsameling vir ons hokkietoer ondersteun het.
’n Spesiale woord van dank aan RVH Training and Nutrition GYM en Corp Group vir julle betrokkenheid en ondersteuning.
🌱 Saai om te Oes 🌱
23/06/2026
23/06/2026
🌱 Saai opgewondenheid! 🌱
Die vakansie is besig om nader te groei!
Droom oor al die pret, avonture en spesiale oomblikke wat wag. Elke dag bring ons ’n bietjie nader aan welverdiende rus, familie-tyd en nuwe herinneringe.
Nog net 3 dae om te gaan!
💚Saai om te Oes💚
22/06/2026
🌱 Saai geduld… 🌱
Soos ’n saadjie tyd nodig het om te ontkiem, het elke groot avontuur ook wagtyd nodig. Hou nog net ’n bietjie uit – die vakansie is amper hier! ☀️
By Jim Fouché glo ons dat elke dag se harde werk, deursettingsvermoë en groei uiteindelik vrugte dra.
💚Saai om te Oes💚
🌱🌾☀️
21/06/2026
💚Gelukkige Vadersdag! 💚
Aan elke pa wat saai, lei en inspireer – vandag vier ons julle.
Dankie vir die liefde, leiding en voorbeeld wat julle elke dag stel. Julle toewyding oes vrugte vir generasies en maak ’n blywende verskil in die lewens van ons kinders.
Mag julle vandag die waardering ontvang wat julle verdien.
Gelukkige Vadersdag aan al ons wonderlike pa’s! 💚
16/06/2026
JEUGDAG 2026
🇿🇦 Bou die toekoms, wees die verandering!
Op 16 Junie vier ons die krag, drome en potensiaal van ons jeug. By Jim Fouché glo ons dat elke leerder die vermoë het om ’n verskil te maak, nuwe hoogtes te bereik en die toekoms te help vorm.
Kom ons vier die jeug wat vandag droom, leer en groei om môre se leiers te word.
14/06/2026
Sterkte, Laerskool Kathu.
Van die Primêre Skool Jim Fouché-familie🤍
“Now let’s wrap things up”
Die langnaweek is hier!
💚🧡🤍
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Lavenderstraat, Gardeniapark
Bloemfontein
9301
Opening Hours
| Monday | 07:00 - 14:30 |
| Tuesday | 07:00 - 14:30 |
| Wednesday | 07:00 - 14:30 |
| Thursday | 07:00 - 14:30 |
| Friday | 07:00 - 13:30 |