Primêre Meisieskool Oranje

Primêre Meisieskool Oranje

Share

Hartlik welkom by Oranje Primêr. Ons is 'n trotse skool met 'n trotse tradisie en soos een groot fami Dit is die begin van 'n wonderlike fase in jou lewe! M.T.

Ons is 'n trotse skool met 'n trotse tradisie en soos een groot familie waar elke dogter vir ons baie spesiaal is! Dit is ons strewe om hier by die primêre skool geleenthede vir ons dogters te skep en te belê in 'n leerruimte waarin hulle veilig voel en met vertoue kan ontwikkel tot hul volle potensiaal. Soos in Pres. Steyn, stigter van ons skool, se woorde, gee ons die dogters: godsdiens, eerbied

18/06/2026

💛 ’n Klein gebaar, ’n groot verskil 💛

Aligra Nell het haar hare geskenk om ’n verskil in die lewe van 'n kankerpasiënt te maak. ‍💇‍♀

Deur haar bereidwilligheid om te gee, bring sy hoop en selfvertroue aan iemand wat dit nodig het. Ons is ongelooflik trots op haar omgee-hart en die mooi voorbeeld wat sy stel. Welgedaan, jou vriendelikheid en onselfsugtigheid maak die wêreld ’n mooier plek! ✨

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 17/06/2026

🐥 Gelukkige Nasionale Gelukbringerdag, Tibbie! 🐥

Vandag vier ons die gelukbringers wat gees, energie en vreugde na skole, spanne en gemeenskappe bring en by Oranje is daar net een: Tibbie! ✨

Tibbie is ’n geliefde deel van die Oranje-familie en kan altyd by ons groot geleenthede, sportbyeenkomste en spesiale vieringe gesien word waar sy geesdriftig ondersteuning gee en glimlagte op gesigte sit. 🐥

Die naam Tibbie het ’n besondere geskiedenis. Dit was die bynaam van Rachel Steyn, die vrou van President M.T. Steyn, stigter van Oranje. Daarom dra ons gelukbringer nie net die Oranje-gees uit nie, maar ook ’n stukkie van ons trotse geskiedenis. 💛

Dankie, Tibbie, dat jy altyd gereed is om die Eendjies aan te moedig en Oranje-trots uit te leef! ✨

17/06/2026

Baie geluk met Simon Bolsiek se verjaarsdag vandag. 🥳

Mag die kleure van die lewe jou siel verf met vreugde en mag die pad van lig jou lei tot by jou drome!

Dankie vir al jou harde werk, OMS waardeer jou. 🐥

16/06/2026

🐥Gelukkige Jeugdag! 🐥

Vandag vier ons die moed, drome en potensiaal van elke jongmens wat die toekoms van ons land help vorm. 🌍

Mag ons Eendjies altyd die moed hê om groot te droom, hard te werk en ’n positiewe verskil in die wêreld te maak. 💛

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 11/06/2026

🎤🌟 ATKV Redenaars 🌟🎤

Twaalf van Oranje se dogters het op 22 Mei aan die ATKV Redenaars-semifinaal in Welkom deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en Oranje met trots verteenwoordig. 🦆💛

Baie geluk aan die volgende dogters wat onder die Top 10 in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig het:

Graad 1–3
🥉 Debi van Biljon – 3de
🏅 Mayah Holtzhausen – 4de
🏅 Lika Odendaal – 9de

Graad 4–5
🏅 Louah Nel – 7de

Graad 6–7
🏅 Jana Nel – 9de

Baie geluk aan al 12 deelnemers. Julle harde werk, voorbereiding en selfvertroue maak ons ongelooflik trots! 👏✨

🎤📚💛

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 11/06/2026

🎨✨ Con Spirito Kunswedstryd ✨🎨

Ons is ongelooflik trots op al ons Eendjies wat aan die Con Spirito Kunswedstryd deelgeneem het. Die deelnemers het hul talent, kreatiwiteit en harde werk ten toon gestel en pragtig presteer. 🐥

’n Spesiale gelukwensing aan die OMS Primêr Strykorkes, wat ’n uitstaande 97% (A+++) behaal het. 🎻🎼

Baie geluk aan elke deelnemer met besonderse prestasies. Die volledige uitslae sal in Vrydag se Eendjienuus verskyn. ✨

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 09/06/2026

🏐🥉 Oranje behaal twee derde plekke tydens die Vrystaat Netbalkampioenskap! 🥉🏐

Op Vrydag, 5 Junie 2026, het Oranje se o.12- en o.13-netbalspanne aan die Vrystaat Netbalkampioenskap by Welkom Gimnasium deelgeneem. 🐥

Ten spyte van die koue winterweer het beide spanne met vasberadenheid, deursettingsvermoë en uitstekende spangees gespeel en met trots die Oranje-naam hoog gehou. Hulle harde werk is beloon met twee derde plekke in die provinsie! 🥉🥉

Baie geluk ook aan beide spanne wat gekwalifiseer het om Oranje by die SA Nasionale Netbalkampioenskap van 23–25 Julie in Middelburg, Mpumalanga te verteenwoordig. 🏐✨

Ons d**k ook aan Ella Myburg, wat tydens die kampioenskap beseer is, en wens haar ’n spoedige en volkome herstel toe. 🌷

Baie geluk aan elke speler en afrigter. Julle toewyding, karakter en veggees maak Oranje ongelooflik trots! 💙💛

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 09/06/2026

🏃‍♀ Landloopliga 🏃‍♀️

Ons eendjies het aan die derde, vierde en vyfde Landloopliga die afgelope 3 weke deelgeneem en uitstekend presteer. 🐥

Verskeie dogters het top 10-plekke in hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal en Oranje trots gemaak met hul deursettingsvermoë en harde werk. 👏🏻

Baie geluk aan al ons landloopdogters met julle puik prestasies en mooi verteenwoordiging van Oranje! ✨

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 08/06/2026

💤🧸 Pajama- en Pantoffeldag 🧸💤

Wat is nou lekkerder as om ’n skooldag in jou gunsteling slaapklere en pantoffels deur te bring? ✨😴

Ons Oranje Eendjies het Pajama- en Pantoffeldag terdeë geniet en die dag snoesig, gemaklik en met groot glimlagte aangepak. Maar die dag het ook ’n groter doel gedien — al die dogters het nie-bederfbare produkte ingesamel om ’n verskil in ander se lewens te maak. 💛

Oranje het die produkte reeds aan Anchor of Hope geskenk. Baie dankie aan elke dogter en gesin wat bygedra het tot hierdie mooi gebaar van omgee. ✨

💛

Photos from Primêre Meisieskool Oranje's post 08/06/2026

🏁🐥 Duck Derby 2026 🐥🏁

Op Donderdag, 4 Junie, het Oranje se jaarlikse Duck Derby by Monte Bello plaasgevind. Met die tema “Chic Safari” het gaste behoorlik uitgehaal met hul kreatiewe uitrustings en die aand was gevul met pret, lag en goeie geselskap. 🌿

Daar was groot opgewondenheid rondom die derby, met almal wat hul asem opgehou en duim vasgehou het dat hul gunsteling “eend” eerste oor die wenstreep sou kom! 🏆

Hierdie besondere aand sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ons borge nie. Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het. Vind alle borge aangeheg. 🙏

Baie dankie ook aan die leerderraadouers vir die uitstekende reëlings en die pragtig gedekte tafels. Dankie aan NSA Veilings vir die aanbieding van die Derby, asook aan elke persoon wat op enige wyse betrokke was, bygedra het of die aand ondersteun het.

Die Duck Derby was ’n groot sukses en ’n ware bewys van die besondere gemeenskap wat Oranje omring. 💛

Sien julle volgende jaar! 🐥✨

Want your school to be the top-listed School/college in Bloemfontein?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


99 Aliwal Street
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 14:00