Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Hoërskool Dr. E.G. Jansen

Share

By die Hoërskool Dr. E.G. Jansen glo ons die skool is gebou op die voorskrifte van die Woord van God

23/06/2026
23/06/2026

KULTUUR:

Ons revue-sanggroep is hard besig met die klankopnames vir PLATINUM R***e 2026, en ons kan nie wag om die eindproduk met julle te deel nie. Elke noot, woord en oomblik bring ons nader aan 'n skouspelagtige vertoning.

Moenie uitmis nie, koop jou kaartjies betyds. Jy wil nie hierdie produksie misloop nie!

https://www.quicket.co.za/events/368218-platinum-revue/ #/

***e2026

Photos from Hoërskool Dr. E.G. Jansen's post 22/06/2026

KULTUUR:

Vier van ons skool se redenaars het na die Nasionale Interskoleredenaarsliga se individuele kompetisie, wat binnekort by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) aangebied word, deurgedring!

Om op nasionale vlak mee te ding, is 'n besonderse prestasie en getuig van baie harde werk. Ons leerders het gekwalifiseer vir die voorbereide- en onvoorbereide afdelings, en verteenwoordig ons skool met trots.

Ons wens julle alle voorspoed toe vir die nasionale ronde.
Jansen staan trots agter julle!

21/06/2026

VADERSDAG

19/06/2026

KULTUUR:

Baie sterkte aan ons debatteerders wat vandag aan die Con Spirito Debat Oos-Randstreek deelneem!

Mag julle selfvertroue hê, helder d**k, oortuigend redeneer en elke geleentheid aangryp om julle stemme te laat hoor.

Ons is trots op julle en wens julle alle sukses vir vandag toe.

19/06/2026

HENGEL
Ons hengelspan hou op 25 Junie 'n fondsinsameling by Hennie's Restaurant, Boksburg, om fondse in te samel vir hul deelname aan die SA Skolekampioenskappe.

Kom geniet 'n lekker aand saam met familie en vriende en help ons om ons jong hengelaars se droom te verwesenlik.

Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom!

Photos from Hoërskool Dr. E.G. Jansen's post 18/06/2026

RUGBY

Dertig seuns. Een skool. Ontelbare redes om trots te wees!

Hoërskool Dr. E.G. Jansen is ongelooflik trots daarop dat 30 van ons rugbyspelers gedurende die Julie-skoolvakansie die skool in verskeie Valkespanne gaan verteenwoordig.

Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie, en sterkte vir die toernooie wat voorlê. ❤️💛🖤 🇩🇪

18/06/2026

FIETSRY

Ons fietsryspan het op 13 Junie aan die Riversands Farm Cyclelab MTB-wedren deelgeneem.

Baie geluk aan al ons ryers met hul deelname en puik gees. Ons is ongelooflik trots op julle!

Photos from Hoërskool Dr. E.G. Jansen's post 18/06/2026

Hiermee die hokkieprogram vir Saterdag, 20 Junie 2026, se ligawedstryde teen Hoërskool Dinamika wat by Benoni Northerns se sportgronde plaasvind. 🏑

Dit is die laaste ligawedstryde van die seisoen vir ons dogtershokkiespanne. Kom ondersteun hulle asseblief en help om die seisoen op ’n hoë noot af te sluit! 💛🖤❤️

Baie sterkte aan al die meisies vir hierdie laaste tree in die liga. Speel met trots, passie en deursettingsvermoë. Gee julle alles op die veld en onthou dat die hele Dr. E.G. Jansen gemeenskap bankvas agter julle staan.

Geniet elke oomblik, speel hard en maak ons trots! 🏑🔥

💛🖤❤️

Want your school to be the top-listed School/college in Boksburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


97 Rietfontein Road
Boksburg
1459

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 14:00