𝐍𝐄𝐓𝐁𝐀𝐋𝐅𝐄𝐄𝐒 🎉
Baie dankie aan al die spanne wat ingeskryf en deelgeneem het!
Wat ’n ongelooflike lekker dag vol opwinding, spanwerk en mooi herinneringe. Dit was wonderlik om soveel entoesiasme en passie op die baan te sien!
Net die regte manier om 'n besige kwartaal op doe regte manier af te sluit!
Ons sien reeds uit na die volgende Netbalfees! 🌟🏐💛
𝑴𝒂𝒂𝒌 '𝒏 #𝐊𝐎𝐏𝐒𝐊𝐔𝐈𝐅! ♟️
Hoërskool Oosterlig
Hoërskool Oosterlig is ‘n Afrikaans – Medium sekondêre skool onder beheer van die GDO. Die skool se leuse: Carpe Diem. Mag u verblyf by ons baie aangenaam wees.
Onder ons huidige naam is ons ‘n relatief jong skool, maar ons het tog ‘n trotse en roemryke geskiedenis. Dit beteken pluk die dag, met ander woorde, maak die beste gebruik van elke geleentheid wat op jou pad mag kom. Ons wil elke leerling en ouer op hierdie wyse hartlik in ons groep verwelkom. Elke leerling word aangemoedig om die tradisies van die skool, waaraan jy tog help bou, te leer ken. Op
25/06/2026
𝐋𝐞𝐞𝐟𝟑𝟔𝟎 - 𝒋𝒐𝒖 𝒌𝒐𝒎𝒑𝒂𝒔 𝒗𝒊𝒓 𝒔𝒌𝒐𝒐𝒍 𝒆𝒏 𝒍𝒆𝒘𝒆!
Teleurstelling is iets wat ons almal op een of ander stadium beleef. Soms werk dinge nie uit soos ons gehoop het nie, en dit kan ontmoedigend wees. Tog kan dit 'n geleentheid word om te leer, te groei en met nuwe moed vorentoe te beweeg. Erken jou gevoelens, leer uit die ervaring en fokus op die volgende stap.
Onthou: 'n Terugslag bepaal nie jou waarde of jou toekoms nie, dit is bloot deel van die groeiproses! 🌱
📍TELLEURSTELLINGS:
Hoe om teleurstellings te hanteer.
Saamgestel uit:
Netwerk24
(November 2022)
Saamgestel deur: Me Z de Beer
(HPCSA geregistreerde berader)
💙 𝐋𝐞𝐞𝐟𝟑𝟔𝟎 is ons holistiese leerderplatform wat ten doel het om die Oosies te help om hul pad deur die skool en lewe te navigeer.
Ons deel graag praktiese eksamenwenke, slim studietegnieke, lewensvaardighede en motiverende insig om elke Oosie te rig, te ondersteun en te versterk op hul reis.
Sukses gaan nie net oor punte nie, maar oor balans, rigting en die ontwikkeling van die volle mens: akademies, emosioneel, sosiaal en persoonlik.
📍 Oosies, ontdek die padkaart tussen pouses en punte, stres en sukses, & twyfel en jou toekoms.
𝑴𝒂𝒂𝒌 '𝒏 #𝐊𝐎𝐏𝐒𝐊𝐔𝐈𝐅! ♟️
24/06/2026
𝐎𝐎𝐒𝐈𝐄-𝐓𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒
Hier volg die uitslae van gister se tenniswedstryde.
Welgedaan, Oosies! 🎾
23/06/2026
𝐎𝐎𝐒𝐈𝐄-𝐑𝐔𝐆𝐁𝐘 🏉
Sterkte, manne!
Ons is reeds trots op elkeen van julle!
Speel met hart.
Speel vir Oosterlig.
𝑴𝒂𝒂𝒌 ’𝒏 #𝐊𝐎𝐏𝐒𝐊𝐔𝐈𝐅! ♟️
23/06/2026
𝐎𝐎𝐒𝐈𝐄-𝐑𝐔𝐆𝐁𝐘 🏉
Oosie-rugby nooi alle Oosies en ouers om die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks saam met ons te kom kyk! 💙
🗓️ 29 Augustus
📍 Hoërskool Oosterlig Skoolsaal
🪙 R80 per persoon
Onthou asseblief:
• Eie koelboks
• Eie eetgoed
• Opmaak van eie tafel
• Kontant vir rugby-raai
Kom ondersteun ons en geniet die aand saam met ons! 🏉
𝑴𝒂𝒂𝒌 ’𝒏 #𝐊𝐎𝐏𝐒𝐊𝐔𝐈𝐅! ♟️
23/06/2026
𝐎𝐎𝐒𝐈𝐄-𝐃𝐄𝐁𝐀𝐓 🎙️
Op 19 en 20 Junie 2026 neem Hoërskool Oosterlig deel aan die eerste rondte van Con Spirito Debat.
Hoërskool Oosterlig tree ook as gasheerskool op vir die Oosrand-rondte van dié erkende kompetisie.
Ons is trots op elke debatspan wat hul standpunte met ywer, insig en passie verdedig het. Dit verg selfvertroue, kennis en woordeskat om só te debateer!
Baie geluk aan die seniorspan, Leila Westley (graad 10) en Adam van Wyk (graad 11), wat deurdring na die provinsiale rondte wat in Augustus plaasvind!
Sterkte met julle voorbereiding!
Ons hou julle dop! 💙
𝑴𝒂𝒂𝒌 '𝒏 #𝐊𝐎𝐏𝐒𝐊𝐔𝐈𝐅! ♟️
23/06/2026
𝐁𝐀𝐈𝐄 𝐃𝐀𝐍𝐊𝐈𝐄! 💙
Baie dankie aan die ATKV Boksburgtak vir die skenking van sopmengsels om die Oosie-koskas gedurende die koue wintermaande aan te vul.
Hierdie bydrae help ons om ondersteuning te bied waar dit die nodigste is!
23/06/2026
𝐎𝐎𝐒𝐈𝐄-𝐀𝐊𝐀𝐃𝐄𝐌𝐈𝐄
Oosies en ouers,
'n Studiemetodes-kursus word by Hoërskool Oosterlig aangebied om leerders toe te rus met praktiese vaardighede om hul tyd beter te bestuur, meer effektief te studeer, belangrike inligting te organiseer en met meer selfvertroue eksamens en toetse aan te pak.
Hierdie kursus bied waardevolle strategieë wat akademiese prestasie kan verbeter en leerders help om hul volle potensiaal te bereik.
Die kursus strek oor 3 opeenvolgende Woensdae (al 3 is verpligtend). Woensdag, 22 Julie, 29 Julie en 5 Augustus.
⏰ 14:00-16:00
📍 Me. Van Zyl se klaskamer
🪙 R490 per leerder (Sluit al 3 sessies plus die handleiding in)
📧 Vir besprekings stuur 'n e-pos na [email protected]
🔒Besprekings sluit 10 Julie 2026
Bespreek NOU jou plek en belê vandag in jou sukses!
𝑴𝒂𝒂𝒌 '𝒏 #𝐊𝐎𝐏𝐒𝐊𝐔𝐈𝐅! ♟️
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
1 Suikerbessie Street (H/v Suikerbekkie En Sonskynstrate, Sunwardpark)
Boksburg
1459
Opening Hours
| Monday | 07:00 - 14:00 |
| Tuesday | 07:00 - 14:00 |
| Wednesday | 07:00 - 14:00 |
| Thursday | 07:00 - 14:00 |
| Friday | 07:00 - 14:00 |