24/06/2026
❄️🎾 WINTER VAKANSIE PADELTOERNOOI 2025! 🎾❄️
Is jy gereed om hierdie wintervakansie aksievol af te skop? Kom sluit aan by die Tulee Padel Winter Vakansie Toernooi en wys jou vaardighede op die baan!
📅 Datums: 1, 2 & 3 Julie 2025
⏰ Tyd: 10:00 vm – 14:00 nm
📍 Tulee Padel, Brakpan
👦👧 Ouderdomsgroepe: 🔹 O/14 Seuns & Dogters
🔹 O/16 Seuns & Dogters
🔹 O/18 Seuns & Dogters
💰 Inskrywingsfooi: Slegs R180 per speler
🔥 Hoekom deelneem? ✅ Ontmoet nuwe vriende
✅ Geniet opwindende wedstryde
✅ Kompeteer vir fantastiese pryse
✅ Bou spanwerk, respek en sportmangees
❄️ Voel die winter. Leef die spel. ❄️
📞 Bespreek jou plek vandag: 📱 083 282 1113
📧 [email protected]
🏆 Moenie hierdie geleentheid misloop nie – plekke is beperk! Skryf nou in en beleef die winter se warmste padel-aksie!
🎾🔥❄️
24/06/2026
Mag ons altyd ons taal, kultuur en geskiedenis koester en met trots uitleef.
Geanker in Geloof.
Ons bly trots Afrikaans!
23/06/2026
DOGTERSHOKKIE
Dit was ’n besige week vir ons hokkiedogters wat aan die uitspele deelgeneem het.
Ons is ongelooflik trots op al ons spanne wat geveg het totdat die eindfluitjie geblaas het.
’n Spesiale gelukwensing aan ons o.15-dogterspan, wat vandag hul semifinaalwedstryd teen Leeuwenhof gewen het.
Hierdie prestasie verseker hul plek in die finaal, waar hulle op Donderdag 25 Junie om 12:00 by Benoni High School teen Hoërskool Hans Moore sal uitdraf om die titel van Oos-Gauteng-wenners te betwis.
Ons wens julle alle sterkte toe vir die groot finaal – ons staan trots agter julle! 🏑💙💛⚓️
23/06/2026
🌟NASIONALE TROTS🌟
Met harde werk, deursettingsvermoë en uitsonderlike redenaarstalent het hierdie Anker-leerders hul plek op die nasionale verhoog verdien!
Ons wens julle alle sterkte toe vir 19 September 2026 by Wits Universiteit.
Julle dra die Anker-naam met trots!
⚓️💙⚓️
23/06/2026
Akkuraatheid, fokus en vasberadenheid – die resep vir sukses! 🎯 Baie geluk aan ons skuts met hul indrukwekkende uitslae. Julle laat die teikens bewe! 💥🏅
23/06/2026
✨ R***e Waiter Aand 2026 ✨
Kom ondersteun ons revue-span en geniet ’n aand saam met familie en vriende.
Ons sien uit daarna om julle daar te verwelkom! 🎭🍽️✨
21/06/2026
PERDRY
Hierdie twee ruiters neem deel onder die skool se naam en verteenwoordig ons skool met trots en uitstekende sportmanskap.
Baie geluk met julle puik prestasies!