Laerskool Die Arend

Laerskool Die Arend

Share

Welkom by die skool waar elke kind saakmaak!

22/06/2026

Personeel:

Baie geluk aan Mnr. Lucas Pretorius met u verjaarsdag van gister (21 Junie).

Op hierdie spesiale dag wens ons u net die mooiste toe. 'n Jaar gevul met God se goedheid en guns.


21/06/2026
11/06/2026

Personeel:

Baie geluk aan Me. Teresa Klopper met u verjaarsdag vandag (11 Junie).

Op hierdie spesiale dag wens ons u net die mooiste toe. 'n Jaar gevul met God se goedheid en guns.


10/06/2026

Rugby:

Baie geluk aan ons o/10- en o/11-rugbyspanne!

Ons wil graag ons gelukwense oordra aan hierdie twee spanne met hul uitstekende rugbyseisoen tot dusver. Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het vrugte afgewerp, en ons is ongelooflik trots daarop dat beide spanne deurgedring het na die Valke-finaal wat volgende week plaasvind.

Dankie aan elke speler en afrigter vir julle toewyding en die manier waarop julle die Arie-naam met trots uitdra. Julle maak ons ongelooflik trots!

Sterkte vir die finaal – speel met hart, geniet elke oomblik en onthou dat ons almal agter julle staan!




08/06/2026

Belangrike kennisgewing met betrekking tot ons Graad R en 1 Opedag!!

Deel asseblief die nuus wyd en Suid.


07/06/2026

Hartseer nuus:

Met groot hartseer het ons by Laerskool Die Arend van Tannie Elize se afsterwe verneem. In hierdie tyd van verlies bid ons dat haar kinders, klejnkinders, familie en geliefdes vertroosting sal vind in die kosbare herinneringe wat julle met haar deel en in die wete dat haar lewe ’n blywende verskil in die harte van soveel mense gemaak het.

Ons innige meegevoel en gebede is met julle. Mag julle krag, vrede en troos ervaar in die liefde van familie, vriende en die gemeenskap wat saam met julle rou.

04/06/2026

Netbal:

Ons spog graag met die uitstekende netbaluitslae wat ons dogters gister behaal het tydens die distrikuitspele. Julle is kampioene in ons oë en ons geniet elke oomblik langs die netbalbaan wanneer ons julle in aksie kan sien!

Wel gedaan aan elke dogter en afrigter met hierdie resultate!


04/06/2026

Redenaars:

Baie geluk met hierdie prestasie van jou liewe Zetske! Ons is baie trots op jou.



Photos from Laerskool Die Arend's post 03/06/2026

Netbal:

Ons is ongelooflik trots op ons sewe netbalspanne wat almal deurgedring het na die D5-netbaluitspele wat vandag plaasvind. Hierdie prestasie beteken dat elke span reeds as ligawenners gekroon is en vandag die geleentheid het om vir die titel van distrikswenners mee te ding.

Ons is geseënd met besonderse talent, maar nog meer trots op die toewyding, deursettingsvermoë en spanwerk wat hierdie dogters deur die hele seisoen heen getoon het. Agter elke uitslag lê ure se harde werk, opofferings, oefening en die ondersteuning van toegewyde afrigters en ouers.

Ongeag vandag se uitslae, het julle reeds jul skool, spanmaats en julself trots gemaak. Dankie dat julle die Arend-naam met waardigheid, nederigheid en trots uitdra.

Sterkte vir elke wedstryd wat voorlê. Glo in julle vermoëns, speel met passie en geniet elke oomblik op die baan. Ons staan vierkantig agter julle!




Want your school to be the top-listed School/college in Brakpan?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


17 End Street, Dalview
Brakpan
1544

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:45
Tuesday 07:30 - 13:45
Wednesday 07:30 - 13:45
Thursday 07:30 - 13:45
Friday 07:30 - 13:45