Hoe lyk die toekoms van Afrikaanse onderwys?
Dit is die vraag wat sentraal staan tydens die Toekomsberaad en SOS-Leierskapkongres. Deur insiggewende gesprekke en uiteenlopende perspektiewe skep hierdie dag ruimte om eerlik te kyk na waar ons staan en waarheen ons op pad is.
📅 23 Junie 2026
📍 Voortrekkermonument, Pretoria
Besoek www.soskongres.com vir meer inligting.
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Skoleondersteuningsentrum SOS
Die SOS is daartoe verbind om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker.
Ons werk om bestaande gehalteonderrig te behou en te versterk, terwyl ons ook daar waar dit nodig is, nuwe geleenthede skep. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van christelike, Afrikaanse onderwys te (help) verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te (help) hou, én waar nodig nuut te (help) bou. Afrikaanse skole in Suid-Afrika vaar uitsteke
17/06/2026
Van kunsmatige intelligensie en wiskunde tot sport, karakterbou en die welstand van onderwysers: die SOS-Nasionale Kongres 2026 beloof om méér as net nog ’n onderwysgeleentheid te wees. Lees meer:
https://maroelamedia.co.za/.../sos-kongres-gee.../
SOS-kongres gee onderwysers nuwe moed - Maroela Media Van kunsmatige intelligensie en wiskunde tot sport, karakterbou en die welstand van onderwysers: die SOS-Nasionale Kongres 2026 beloof om méér as net nog ’n onderwysgeleentheid te wees.
17/06/2026
Wat ’n lekker dag by La Rochelle Girls’ High School! Dankie aan die skool en aan Quinton Meades, waarnemende adjunkhoof, vir julle gasvryheid en warm ontvangs. Dit was ’n voorreg om ons Six Bricks Vlak 1- en Vlak 2-werkswinkel by julle aan te bied. ’n Groot pluimpie vir elke onderwyser en skool wat die pad aangedurf het om daar te wees. Party het tot 350 km gery, en dit sê alles van julle hart vir onderwys.
Ons het gebou, gelag, ged**k en weer onthou: leer hoef nie ingewikkeld te wees om impak te hê nie.
17/06/2026
Die SOS-Kongres is die beste netwerkgeleentheid van die jaar! Sluit oor by ons aan, en skuur skouers met pioniere in die onderwys.
www.soskongres.com
16/06/2026
voor die SOS-Onderwyserskongres!
Die program is propvol praktiese sessies, relevante gesprekke en inhoud wat jou rol as opvoeder ondersteun.
www.soskongres.com
Wat as ons skryfklasse minder oor reëls en meer oor moontlikhede gaan?
Sandra Norval van Hoërskool Strand nooi opvoeders tydens haar sessie, 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓𝑛𝑒𝑡@𝑑𝑒𝑘𝑠𝑒𝑙𝑠𝑘𝑟𝑒𝑎𝑡𝑖𝑒𝑓.𝑟𝑒𝑔, om opnuut na kreatiewe skryfwerk te kyk. Deur die elemente van skryfwerk en die KABV se prosesskryf vanuit ’n vars hoek te benader, wys sy hoe ons leerders kan inspireer om met groter vrymoedigheid, verbeelding en kreatiwiteit te skryf.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Kom Tuis na sessies wat bekende konsepte opnuut laat leef en jou help om nuwe moontlikhede in jou vakgebied raak te sien.
📅 23–25 Junie 2026
📍 Voortrekkermonument, Pretoria
Besoek www.soskongres.com vandag.
15/06/2026
Robotika in die klaskamer begin nie by 'n robot nie.
SkoolSlim | Robotika in die klaskamer begin nie by ʼn robot nie - Maroela Media Robotika begin nie by duur toerusting of ingewikkelde kodering nie, maar by die manier waarop leerders d**k.
15/06/2026
voor die kongres!
Die toekoms van volhoubare Afrikaanse onderwys word gebou deur mense wat bereid is om saam te d**k en saam te doen. Wees daar. Kom Tuis.
www.soskongres.com
Uitbranding en prestasie word dikwels as onafskeidbare reisgenote beskou. Maar moet dit werklik so wees?
Janine Joubert, skoolhoof van Welridge Academy, gaan tydens haar sessie 𝑃𝑜𝑠𝑖𝑡𝑖𝑒𝑤𝑒 𝐼𝐾 eerlik gesels oor wat ons dryf, wat ons terughou en hoe ons positief kan bly te midde van die druk en eise van die moderne wêreld.
By die SOS-Kongres 2026 gaan dit nie net oor professionele ontwikkeling nie. Dit gaan ook oor gesprekke wat jou as mens versterk, jou perspektief verbreed en jou help om met nuwe energie vorentoe te beweeg.
📅 23–25 Junie 2026
📍 Voortrekkermonument, Pretoria
14/06/2026
Idees wat jy môre kan gebruik, begin by die regte gesprekke vandag.
Watter vaardigheid d**k jy gaan die belangrikste wees vir leerders van die toekoms?
www.soskongres.com
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Trentbridge Kantoorpark, Blok A, Eerste Vloer Leoniestraat 183
Centurion
0163
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 16:30 |
| Tuesday | 08:00 - 16:30 |
| Wednesday | 08:00 - 16:30 |
| Thursday | 08:00 - 16:30 |
| Friday | 08:00 - 15:00 |