16/06/2026
👧GELUKKIGE JEUGDAG! 🧑
Vandag vier ons die wonder van jeug die laggies wat harte warm maak, die nuuskierigheid wat die wêreld ontdek en die drome wat geen perke ken nie.
Eendag sal hierdie klein voetjies groot spore trap. Hierdie klein handjies sal groot dinge doen. En hierdie groot drome sal ń werklikheid word.
Tot dan koester ons elke oomblik van kindwees, want dit is waar die mooiste herinneringe en die grootste moontlikhede begin. 🌈
By Tikkel Tokkel Dagsorg glo ons dat elke kind vandag reeds die potensiaal van môre in hul hart dra. 🏆✨
Gelukkige Jeugdag aan al ons wonderlike kinders! 🌟
15/06/2026
Wat maak Tikkel Tokkel Dagsorg so spesiaal?
Ons spesialiseer in die groei en ontwikkeling van babas 0 tot 24 maande.
Dit is hier waar elke kleintjie opgevoed, gekoester en op gebou word.Waar liefde in oorvoed ontvang en ervaar word.Ons is 'n klein groepie en dis kan ek U waarborg dat elke kleintjie individuele aandag en baie liefde ontvang.
Ons doel is om 'n tuiste weg van die huis te skep, waar elke kleintjie gewaardeer en spesiaal voel.
Wat bied ons
🔹️ Kwaliteit versorging vir babas 0-24 maande
🔸️'n Warm en verwelkomende huislike omgewing wat soos hul tuiste voel
🔹️Klein groepie met individuele aandag en baie liefde
🔸️Prettige en boeiende opvoedkundige aktiwiteite wat kreatiwiteit en nuuskierigheid bevorder
🔹️Ouderdomsgepaste Aktiwiteite
🔸️ Vakansietye oop
🔹️Bestaan al van 2010
Moenie net ons woord daarvoor vat nie! Kom besoek ons en sien self hoekom Tikkel Tokkel Dagsorg die perfekte keuse is vir jou kleintjie,waar hy of sy kan straal van vreugde en selfvertroue.
Kom sluit by ons aan vir 'n opwindende reis vol pret,vriendskap en groei
Kontak ons vandag nog Nicolene 0744763322/[email protected]
www.tikkeltokkeldagsorg.co.za
13/06/2026
Tikkel Tokkel Dagsorg sluit die jaar 11 Desember 2026 en Heropen weer die 6de Januarie 2027.
13/06/2026
2027
Nuwe inskrywings vir Januarie/Februarie 2027 kry 15% af op eerste maand se Dagsorgfooi, betaal net R3200 Dagsorgfooi.🎉