💙🌍 PAPPAS, JULLE "ROCK OUR WORLD"
Gelukkige Vadersdag aan ons HELDE- ons Pappas!
Gister het ons julle gevier by Bundi Bos! Baie dankie vir julle liefde, omgee en al die klein en groot dinge wat julle vir julle kinders elke dag doen.
Ons Bundi Bossers kom nie wag om die kaartjies en geskenkies wat hulle vir julle gemaak het, vir julle te gee nie. Dankie dat julle 'n draai by ons gemaak het.
Ons Bundi Bossers " LOVE YOU TO THE MOON AND BACK"🌕🪐☄️
Bundi Bos Kleuterskool
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Bundi Bos Kleuterskool, Nursery, 25 Louisa Street, Centurion.
Bundi Bos is 'n hoogaangeskrewe Afrikaanse kleuterskool geleë in Raslouw, Centurion. 'n Uitnemende opvoedkundige program bied vir babas van 3 maande tot kleuters van 4 jaar, asook Graad RR die beste begin in 'n omgewing wat hy/sy verdien.
16/06/2026
🌟 Jeugdag 2026 🌟
Vandag vier ons Jeugdag en staan ons stil by die voorreg wat ons elke dag ontvang – om met ons jongste generasie te werk.
Op hierdie Jeugdag vier ons elke klein lyfie wat groot drome koester en elke jong hart wat die wêreld eendag 'n beter plek sal maak.
💙 Gelukkige Jeugdag aan al ons Bundi Bossertjies – julle is die toekoms.
08/06/2026
🐞🪲 Insekte uit die natuur! 🪲🐞
Hier is 'n paar van ons Bundi Bossers se natuur-insekte! 🐜🍃
Die kleuters het hulle verbeelding 'n realiteit gemaak en belangrike vaardighede ingeoefen:
▪️ Kreatiwiteit en verbeelding
▪️ Fynmotoriese vaardighede – die optel, rangskik en plaas van klein voorwerpe versterk hand- en vingerspiere.
▪️Probleemoplossing – kinders het self besluit hoe hulle insekte moet lyk en waarmee hulle dit wil bou.
▪️Ruimtelike bewustheid – kinders leer hoe verskillende dele saamwerk om 'n geheel te vorm.
▪️Waardering vir die natuur – deur met natuurlike materiale te werk, ontwikkel hulle respek en nuuskierigheid vir die omgewing.
🐞🪰BUNDI BOS INSEKTE🐜🕷
Dit was 'n dag vol pret toe ons Bundi Bos Insekte vandag kom nes maak het hier in die Bos.
Baie dankie aan elke liewe ouer wat ingekoop het in ons tema van die week: Insekte en soveel moeite gedoen het om ons Bundi Bossers in die mooiste insekte te omskep.
Dit was 'n dag waaroor hulle nog lank gaan gesels.🐝🐞🪲
01/06/2026
🎉🎂 JUNIE VERJAARSDAE
'n Gelukkige Verjaarsdag word al ons personeel wat in Junie verjaar toegewens!
Ons hoop julle gaan lekker verjaar en 'n baie spesiale dag hê!🎂🎉
01/06/2026
🐞🕷️ TEMA VAN DIE WEEK Insekte en Spinnekoppe 🕷️🐞
Ons gaan hierdie week leer oor verskillende insekte soos miere, skoenlappers en bye, spinnekoppe en hul webbe. Ons gaan kyk hoe hierdie diertjies lyk, waar hulle bly en watter rol hulle in die natuur speel.
Ons sien na ’n week vol lekker speel en leer! 🌟
25/05/2026
💝OUPA EN OUMA WEEK
Hierdie is 'n baie spesiale week by Bundi Bos waar ons Oupa en Oumas kom kuier.
Mag elke Oupa en Ouma hierdie week se kuier by Bundi Bos Kleuterskool baie geniet.
Ons sien baie daarna uit om elke Bundi Bossertjie se grootouers te ontvang!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
25 Louisa Street
Centurion
0157
Opening Hours
| Monday | 06:30 - 18:00 |
| Tuesday | 06:30 - 18:00 |
| Wednesday | 06:30 - 18:00 |
| Thursday | 06:30 - 18:00 |
| Friday | 06:30 - 18:00 |