Werda School/Skool

Werda School/Skool

Share

πŸ“š WERDA SCHOOL | Est. 1960
πŸŽ“ Stay updated on events & news.
πŸ“ 90 Parkside Ave, Hillary

17/06/2026

πŸ‘©β€πŸ³πŸ§‘β€πŸ³ Graad 2 MasterChef Pret! πŸ§‘β€πŸ³πŸ‘©β€πŸ³

Ons Graad 2-leerders het hul kreatiwiteit gewys toe hulle MasterChef in die klas gespeel het!

As deel van hul Wys-en-Vertel-aktiwiteit moes elke leerder hul eie broodjie maak en dit met trots aan die klas voorstel. Van kleurvolle bestanddele tot unieke idees – elke broodjie was 'n meesterstuk op sy eie!

⭐ Goeie werk graad 2's! Julle is ware klein MasterChefs! ⭐

πŸžβœ¨πŸ‘¨β€πŸ³πŸ‘©β€πŸ³

15/06/2026

β™»οΈπŸŽ¨ Ons Graad RR- en R-leerders raak kreatief met herwinning! πŸŽ¨β™»οΈ
Ons Graad RR- en R-leerders het gewys hoe gewone herwinbare materiale in iets besonders omskep kan word. Met eierhouers, kartonrolletjies, sponsies en ander herwinbare items het hulle verskillende teksture en patrone ontdek terwyl hulle geskilder het.
Hierdie prettige aktiwiteit het nie net hul kreatiwiteit gestimuleer nie, maar ook hul fynmotoriese vaardighede ontwikkel en hulle bewus gemaak van die belangrikheid van herwinning. πŸŒπŸ’š
Deur spel en kreatiwiteit leer ons kinders om die wΓͺreld rondom hulle op nuwe en opwindende maniere te ontdek. βœ¨πŸ–ŒοΈ
Leer deur speel, ontdek deur kreatiwiteit!
β™»οΈπŸŽ¨πŸ’š

12/06/2026

πŸŽ₯πŸ’° Leer was nog nooit sΓ³ lekker nie!

Ons het vandag meer geleer oor πŸ‡ΏπŸ‡¦ Suid-Afrikaanse geld β€” oud Γ©n nuut!
Die kinders het munte en note ondersoek, die waarde van geld bespreek en sommer baie pret gehad terwyl hulle geleer het. πŸͺ™πŸ“š

Van ou geld tot die nuwe note met die β€œBig Five” en Nelson Mandela β€” elke oomblik was vol ontdekking en opgewondenheid! 🦁🐘

Kyk gerus na ons video om te sien hoe lekker ons geleer en ontdek het! ❀️✨

10/06/2026

🎨✨ Ons Graad RR- en R-leerders het hul kreatiwiteit gewys deur pragtige selfportrette teen die muur te teken!

Elke kunswerk is uniek en wys sommer elke kind se eie persoonlikheid en verbeelding. πŸ–οΈπŸ˜Š

Dit was 'n lekker aktiwiteit vol kleur, glimlagte en trots! Ons klein kunstenaars het beslis hul merk gelos. πŸŒˆπŸ’›

10/06/2026

πŸ‰ Ons O/9 mini-rugbyspan het dalk 'n stil seisoen gehad, maar op 30 Mei by die Suid-Natal mini-rugbydag het hulle gewys wat in hulle steek! πŸ’ͺ

Die seuns het met groot geesdrif en spanwerk teen verskeie skole meegeding en uitstekende uitslae behaal:
πŸ†Wen Scottburgh 7-0
🀝 Gelykop teen Suid-Natal 5-5
πŸ† Wen Scottburgh 4-2

Baie trots op elke speler se deursettingsvermoΓ«, sportmangees en harde werk op die veld. Julle het Werda trots gemaak!

Photos from Werda School/Skool's post 09/06/2026

πŸ‘πŸŒŸ Saterdag, 6 Junie, het ons Mini-Hokkie meisies hul harte uitgespeel en ons ongelooflik trots gemaak!

Met uitstekende spanwerk, deursettingsvermoΓ« en groot entoesiasme het hulle β€˜n welverdiende 2de plek in die Q&D toernooi behaal. πŸ₯ˆπŸ‘

Baie geluk, meisies! πŸ‘

06/06/2026

πŸ‘ MINI HOKKIE Q&D TOERNOOI πŸ‘

Sterkte aan ons mini hokkie meisies wat vandag aan die Q&D-toernooi gaan deelneem!

Mag julle elke wedstryd geniet, as span saamstaan en met trots speel. Onthou dit gaan nie net oor wen nie, maar ook om dit te geniet, nuwe herinneringe te maak en julle beste te gee! πŸ’ͺ✨

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Speel hard, glimlag groot en geniet elke oomblik op die veld! πŸ‘πŸŒˆ

❀️

05/06/2026

πŸŒβ™»οΈ Ons Graad 2’s het op 'n unieke manier geleer oor besoedeling en die impak daarvan op waterdiere…

Die leerders het hulle eie klaskamer β€œbesoedel” om eerstehands te ervaar hoe dit vir seediere voel wanneer hul habitat met rommel gevul word. 🐒🐠

Hierdie praktiese aktiwiteit het groot indruk gemaak en waardevolle gesprekke laat ontstaan oor die belangrikheid daarvan om ons omgewing skoon en veilig te hou.

Ons glo dat klein hande groot verskille kan maak. Deur kinders van jongs af te leer om verantwoordelikheid vir die aarde te neem, bou ons aan 'n beter toekoms vir almal. 🌱🌊

Photos from Werda School/Skool's post 03/06/2026

Ons graad RR & R leerders het kreatief geraak met hulle pragtige blomme-projek!

Elke blom is in 4 dele verdeel en elke deel is met ’n ander kunsmetode voltooi:
🎨 Collage
πŸ–οΈ Pastelle
πŸ’§ Waterverf
πŸ–ŒοΈ Akrielverf

Dit was wonderlik om te sien hoe elke leerder hul eie kreatiwiteit en styl gebruik het om hul blom uniek te maak. Ons graad RR & R klas blom van kleur en verbeelding! 🌈🌼

02/06/2026
Want your school to be the top-listed School/college in Durban?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


90 Parkside Avenue
Durban

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00