11/06/2026
https://music.youtube.com/watch?v=zQzHxYRisns&si=TDhqURXYmSs_eO1E
Baie geluk aan NianΓ© se mamma, Theresa Meades, met die vrystelling van jou eerste lied! Wel gedaan en pragtig! Ons is super trots op jou Tes Mae - mag ons nog baie van jou hoor π«Άπ»
Luister gerus deur op die skakel te klik!ππ»
Jy Vir My
Tes Mae
30/05/2026
Ons juniors het 'n heerlike week agter die blad! Hul moes eiehandig vir NW 'n katapult gebou! Daarna het hulle 'n scenario deur musiek en gebare uitgebeeld... en om die week af te sluit kon hulle bietjie teken. Kyk net hoe kunstig is klein Thysi!
26/05/2026
Dis altyd lekker as ons verjaardae vier hier by die sentrum!
Ons sprankel-dogtertjie, Alyssa, word vandag 11 jaar oud! Haar maats het haar (soos ons tradisie is) heerlik bederf met lekkernye ook...
10/05/2026
Die kleinspan besig met 3-D vorms in Wiskunde. Hulle geniet die aktiwiteite terdeΓ«.
10/05/2026
Lekker brei Helena! Ons kinders is so kreatief...
14/04/2026
Wat het ons vandag in die swembad gevind?
"Nile monitor lizzard" - Divan het vir die jongklomp 'n heerlike inligtingsessie aangebied deur vir hulle meer van die fassinerende gedierte te vertel!
(Hy is gered en in sy natuurlike habitat vrygelaat.)
10/04/2026
Hierdie week het iemand baie spesiaal verjaar!
Juffrou Erika!
Mag hierdie groot mylpaal en nuwe lewensjaar gevul wees met pragtige oomblikke en tonne seΓ«ninge.
π¦π¦π©·ππππππππ
28/03/2026
Wanneer die werk afgehandel is, gryp ons tieners nie na selfone nie...
Hulle is konstruktief besig met sinvolle aktiwiteite.
28/03/2026
Musiek vorm 'n integrale deel van ons sentrum omdat musiek so goed is vir ontwikkelende kinders! Die voordele is legio!