24/06/2026
๐๐ก๐ฒ๐ฅฐ Tema van die week: Emosies ๐ฅฐ๐ฒ๐ก๐
By ons skool leer ons maatjies dat alle emosies belangrik is en dat dit oukei is om te voel wat hulle voel. Hierdie week het ons op 'n prettige manier ontdek hoe om verskillende emosies te herken, te benoem en uit te druk.
Kyk net hoe oulik wys ons peuters hul gesiggies โ van verbaas en gelukkig tot frons en ernstig! ๐๐ฅฐ๐ฎ๐
Deur spel, geselsies en gesigsuitdrukkings help ons hulle om hul gevoelens beter te verstaan en met selfvertroue uit te druk. โค๏ธ
โจ Groot gevoelens in klein lyfies, maar elke emosie maak deel uit van wie ons is.
21/06/2026
Gelukkige Vadersdag aan al ons Pappas!
Julle beteken vir ons die wรชreld. Ons is baie lief vir julle โค๏ธ๐ณ
12/06/2026
๐๏ธ๐ฅ Tema van die week: Kamp! ๐ฅ๐๏ธ
Wat is dan nou lekkerder as 'n kampdag saam met maats? Hierdie week het ons die kamp-lewe geniet! ๐คฉ
Ons het heerlik malvalekkers gebraai en saam ons kamp-rympie opgesรช.
Daar was baie laggies, geselsies en spesiale herinneringe wat gemaak is. ๐ข๐ฅ
By Klein Leertjies leer ons deur speel, ontdek en beleef โ en hierdie week se kamp-avontuur was beslis een vir die boeke! ๐๏ธ๐
11/06/2026
๐ฟโ๏ธ Kind wees by Klein Leertjies is lekker! โ๏ธ๐ฟ
๐ WรRELD SPEELDAG ๐
Daar is niks mooier as die klank van laggende kinders wat saam speel, ontdek en herinneringe maak nie.
By Klein Leertjies glo ons dat spel een van die belangrikste maniere is waarop kinders leer, groei en ontwikkel.
Vandag het ons die heerlike buitelug geniet, gehardloop, geklim, gespeel en sommer baie pret gehad! ๐
Want by Klein Leertjies weet ons:
โจ Kinders leer deur te speel.
โจ Kinders groei deur te ontdek.
โจ Kinders blom wanneer hulle gelukkig is.
29/05/2026
โ๏ธ๐พ Wat pas beter by koue weer as pajamas en pantoffels? ๐ค
Saam met ons lekker troeteldiere-daggie het ons sommer ook โn gesellige pajamas-en-pantoffeldag gehou! ๐ฉท
Die maatjies het snoesig en warm by die skool aangekom in hulle oulike pajamas en sagte pantoffels, gereed vir โn dag vol pret, leer en laggies. ๐ถ๐ฆ
Dit was โn heerlike wintersdag vol warm harte, vrolike gesiggies en spesiale herinneringe! โจ
29/05/2026
๐พ Tema van die week: Troeteldiere ๐พ
Wat โn pretvolle week was dit nie! ๐ถ Hondjie Kiara het by ons kom kuier en die maatjies het dit so geniet om haar te ontmoet en met haar te speel. ๐ฉท
Juf CJ het ook haar oulike krimpvarkies vir ons gewys โ die kinders was baie nuuskierig en opgewonde om meer van hulle te leer! ๐ฆ
Ons het sommer die week afgesluit deur saam โn heerlike krimpvarkie te bak en brou. ๐
Dankie vir al die glimlaggies, laggies en spesiale herinneringe hierdie week! ๐พ
29/05/2026
Hierdie is 'n baie belangrike en fun kursus wat ons oor 'n week gaan aanbied. Ons moedig almal wat met kinders werk in enige beroepsgebied aan, en selfs ouers kan hier by baat. Almal wat hierdie kursus doen is mal oor die Moompi training. Hier leer jy van die kinderwet, protokol rondom aanmelding, gedragspatrone ens. Dit word aangebied by NG Magalieskruin, 6 Junie en die koste is slegs vir die etes. Ons het baie moeite gedoen om al die belangrikste rolspelers in Gauteng wat kinders beskerm by hierdie opleiding te kry. Ds Carli Fourie
22/05/2026
Dankie aan ons omgee-maatjie en Laerskool Stephanus Roos vir ons maatjies se lekkergoed pakkies!๐ฌ ๐ญ
Ons waardeer julle โค๏ธ
16/05/2026
Baie geluk Lucas met jou 3de plek! ๐ฅ
Ons is vreeslik trots op jou!๐