Gereformeerde Skool Dirk Postma

Gereformeerde Skool Dirk Postma

Share

Die Gereformeerde Skool Dirk Postma is 'n Gereformeerde Afrikaansmedium ouer-skool . Toelating tot die skool word op meriete oorweeg. WEES STERK EN VOL MOED

Die skool bestaan vir lidmate van die Gereformeerde en Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

24/06/2026

Dirk Postma se toneelgroep is amper op pad na die ATKV-Tienertoneelkompetisie. Julle het die geleentheid om π»π‘œπ‘’ π‘™π‘¦π‘˜ '𝑛 𝐸𝑛𝑔𝑒𝑙? op 23 Julie by die NG Kerk Waverley-Oos te sien.

Kaartjies is op ons webblad beskikbaar: https://vist.ly/58uqu

23/06/2026

Die graad 7's het vandag hulle vulkane vir Sosiale Wetenskappe laat uitbars. Dit was, soos elke jaar, 'n hoogtepunt van die projek.

23/06/2026

Me. Saskia Meijer, Lynni Enslin en Irene van der Meer woon vandag die Skoleondersteuningsentrum SOS se Nasionale Kongres by. Dit behels 'n toekomsberaad van Afrikaanse onderwys en 'n SOS-leierskapkongres. Saam met hulle op die foto is Annelieke Visser van die Instituut vir Christelike Onderwys.

22/06/2026

GSDP bied 'n beperkte hoeveelheid Saronsberg-wyn te koop aan ten bate van 'n projek wat kinders en gesinne in ons skoolgemeenskap ondersteun.

Bestel hier: https://vist.ly/58jm5

Besoek ook gerus https://vist.ly/58jm8 vir meer inligting oor die werk wat Die Kinderfonds doen.

21/06/2026

GeseΓ«nde Vadersdag. Mag die Here elke pa lei om sy kinders tot eer van Sy Naam op te voed.

19/06/2026

Dirkieland hou poppekas!

19/06/2026

Wat sal JY vat as daar 'n 'brand' is? Ons juffrouens het flink gedink!

19/06/2026

Dit is amper tyd vir die laerskoolkonsert! Koop vandag nog jou kaartjie op die webblad: https://vist.ly/58bq9

19/06/2026

VERSVRYDAG

SPREUKE 12:24

Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

Minay skryf geskiedenis vir Dirk Postma by MTB Cycle Lab 17/06/2026

Lees gerus die artikel oor die naweek se bergfietsrywedren op NovaNews Schools Zone.

Minay skryf geskiedenis vir Dirk Postma by MTB Cycle Lab Dirk Postma se bergfietsspan klim punteleer terwyl Minay van der Veen geskiedenis skryf met eerste meisies-punte by MTB Cycle Lab.

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


1182 Cunningham Avenue, Waverley
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 07:40 - 13:30
Tuesday 07:40 - 13:30
Wednesday 07:40 - 13:30
Thursday 07:40 - 13:30
Friday 07:40 - 13:30