18/06/2026
OOSIES | BUITEMUURS
AKROBAAT: Baie geluk aan Natalie Erin Bloom (Gr. 9)
Natalie het uitstekend presteer in Akrobaat deur deel te neem aan die Gauteng Noord Kampioenskappe (18–23 Mei 2026) en daarna weer haar talent te bewys by die Gauteng Interdistrik Kampioenskappe (10–16 Junie 2026).
Sy het 'n 2de plek behaal met 'n indrukwekkende telling van 9.533 en het daarmee gekwalifiseer vir die Nasionale Kampioenskappe in Level 6, wat op Saterdag, 27 Junie 2026 plaasvind.
Ons Oosies is ongelooflik trots op jou harde werk en prestasies. Ons wens jou alle sterkte toe vir die Nasionale Kampioenskappe!
18/06/2026
OOSIES | PERSONEEL
Ons eie juffrou Ria is terug van die naweek se Comrades en ons het vir haar gevra hoe het sy die wedloop van n leeftyd ervaar?
Hier is haar antwoord:
“Dit is ‘n jong meisie droom wat waar geword het. Geen droom gaan werklikheid word sonder deeglike voorbereiding nie. Ek het aangesluit by ‘n klub vir ondersteuning, maar het soveel meer gekry. Deel jou droom met die mense om jou. Wanneer hulle vir jou omgee, sal hulle jou aanmoedig om dit na te jaag.
Ek moes uit my gemaksone om te kom waar ek eintlik wou wees, brons. Dit was baie maklik om saam met ander te hardloop wat vir my d**k. Hulle gee die pas aan, besluit wanneer ons wat doen. Ek het net rustig saam gegaan. Daar het egter ‘n punt gekom waar ek vir ‘n tweede keer aangemoedig is om op my eie te gaan. Dit is toe wat ek besluit het, dit is tyd. Ek gaan die kans waag en gaan, op my eie.
Van daardie oomblik af was ek baie meer gefokus. Om jou droom te bereik is jou eie verantwoordelikheid. Ander kan jou ondersteun en aanmoedig soveel hulle wil, maar jy moet die werk insit. Ek het my alles gegee. Ek wou oor geen oomblik spyt wees nie. Elke besluit was wel oordag geneem. As ek nie onder 11 ure inkom nie, wou ek nie spyt wees met “As ek maar net…dan sou ek betyds gewees het.” Ek wou weet dat ek alles moontlik gedoen het om my doelwit te bereik.
Ek is baie dankbaar dat die HERE my geseën het met ‘n wonderlike wedloop. Geen pyne, geen oorweldigende moegheid, geen depressie. Die heelpad was net een groot avontuur. Ek het elke oomblik geniet, pret gehad langs die pad, gelag, die kinders gegroet wat vir jou wil “high five”, lekkers uitgedeel.
Laastens, moet mens altyd erkenning gee aan al die ondersteuners. Die onbaatsugtige vrywillige diens wat hulle heeltyd daar langs die pad doen is net ongelooflik. So is dit dan ook, dat mens ook moet bereid wees om te gee, soos wat jy ontvang.”
Juffrou Ria, jy is vir ons ‘n inspirasie en ons Oosies is baie trots op jou.
18/06/2026
OOSIES | RUGBY
Blou Bulle Provinsiale Rugby Spanne 2026
Baie geluk aan al ons Oosie-rugbyspelers wat gekies is vir die Blou Bulle Provinsiale Spanne vir 2026. Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp, en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!
'n Spesiale gelukwensing aan Braam Pretorius wat aangewys is as Hoofafrigter van die Blou Bulle o/18 Cravenweek-span – 'n besondere prestasie en bewys van sy uitstekende bydrae tot skolerugby.
Sterkte aan al ons spelers en afrigters met die voorbereidings. Dra die Blou Bul-kleure met trots en geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid!
17/06/2026
OOSIES | BERGFIETS
Baie geluk aan al ons Oosie-bergfietsryers wat die skool met trots verteenwoordig het tydens die Gauteng Cycle Lab-reeks by Riversands Farm op 13 Junie!
Oos-Moot eindig algeheel 13de uit 60 skole – 'n uitstekende prestasie teen sterk kompetisie.
'n Spesiale gelukwensing aan die volgende ryers vir hul puik Podium plasings:
🥈 Cloé Muller – 2de plek (o/17 Meisies)
🏅 Leam van Veenhuyzen – 4de plek (o/15 Seuns)
Julle harde werk en toewyding maak ons trots!
16/06/2026
OOSIES | NETBAL
UITSLAE: 15 & 16 JUNIE 2026
GAUTENG KAMPIOENSKAPPE - o/14A span
Baie geluk aan ons o/14A Netbalspan met hul deelname aan die Gauteng Netbalkampioenskappe!
Die span het 1ste plek in hul poel geëindig – 6 uit 6 wedstryde gewen. Deurgedring na die uitspeelrondtes en uit 28 skole 'n 6de plek in Gauteng behaal ná die finale rangordewedstryde.
Julle het deur die hele kampioenskap karakter, deursettingsvermoë en ware Oosie-gees gewys. Om as die 6de beste o/14A-span in Gauteng te eindig, is 'n uitstekende prestasie waarop julle baie trots kan wees.
Baie geluk aan elke speler en afrigter. Julle het die Oosie-familie trots gemaak!
15/06/2026
OOSIES | NETBAL
GAUTENG KAMPIOENSKAPPE
13 & 14 Junie 2026
Baie geluk aan ons Oos-Moot 1ste Netbalspan met hul prestasie by die Gauteng Kampioenskappe, waar hulle as die 7de beste span in Gauteng geëindig het!
Julle het met trots kompeteer teen van die sterkste skole in die provinsie en die Oosie-naam hoog gehou.
Dankie aan die spelers, afrigters en ondersteuners wat deel was van hierdie seisoen.
13/06/2026
OOSIES | NETBAL
UITSLAE: Dag 1 van 2 - 13 Junie 2026
Gauteng Netbal Uitspele
'n Sterk eerste dag vir ons Oosie Eerste Netbalspan!
3 oorwinnings uit 4 wedstryde.
Ons is trots op julle! Sterkte vir die laaste dag van Gauteng!
13/06/2026
OOSIES | HOKKIE
UITSLAE: 12 Junie 2026 - PRETORIA CUP
Baie geluk aan ons Eerste- en Tweede Hokkiespanne met hul deelname aan die Pretoria Cup!
Ons Eerste Span het 'n sterk wedstryd gespeel en met 1–1 gelykop geëindig teen Eldoraigne. Oosies se Eerste span het die doelskietkompetisie gewen! Die Tweede Span het waardevolle wedstrydervaring opgedoen in hul vriendskaplike wedstryd teen Eldoraigne.
Julle sportmangees maak ons trots!
12/06/2026
OOSIES | HOKKIE
UITSLAE: 11 Junie 2026
PRETORIA CUP
Ons O.16-seunshokkiespan het gister ware veggees en karakter gewys tydens die Pretoria Cup!
Die wedstryd teen Montana het ná voltyd gelykop geëindig, waarna die uitslag in 'n spannende doelskietkompetisie beslis is. Ons Oosies het die doelskietkompetisie gewen en die oorwinning beklink!
Baie geluk aan die spelers en afrigters met hierdie puik prestasie.
12/06/2026
OOSIES | BERGFIETS
Baie sterkte aan al ons bergfietsryers wat Saterdag, 13 Junie, by Riversands in aksie gaan wees.
Ry veilig, geniet elke oomblik en gee julle beste! Ons ondersteun julle elke tree – of eerder, elke trap van die pedale!