18/06/2026
📸 'n Nuwe hoofstuk begin.
Die nuwe inname Plaasjapies het vandag amptelik hul plek in die Sol-Tech-familie ingeneem.
Hier is 'n paar hoogtepunte van die inhuldigingseremonie by die Voortrekkermonument.
11/06/2026
Ajani Talent verstaan jou reis – jy het die vaardigheid en hulle help jou om die geleentheid te kry.
Voltooi die vorm en ontvang ’n boodskap met die volgende stappe om jou profiel te registreer. Klik hier: http://bit.ly/AjaniTalent
11/06/2026
Meulmakers speel ’n kritieke rol in die sukses van Suid-Afrika se vervaardigings-, konstruksie- en energiesektore en is daarom van die mees gesogte ambagte in die land.
Indien jy meulmaker as 'n loopbaan oorweeg, lees hier:
‘n Loopbaan as meulmaker: Wat jy moet weet van die gesogte ambag - Sol-Tech
Wanneer ’n fabriek se produksielyn stilstand beleef, ’n kragopwekkingsaanleg instandhouding benodig of nuwe industriële toerusting geïnstalleer moet word,
08/06/2026
Sol-Tech se jaarlikse Ma-aand het weer bewys dat hierdie spesiale geleentheid veel meer is as net ’n aand uit. Dit is ’n viering van familie, vriendskap en die besondere band tussen studente en hul ma’s.
Lees die volledige artikel hier:
Steve Hofmeyr laat harte sing tydens onvergeetlike Ma-aand - Sol-Tech
Daar is min dinge so kosbaar soos kwaliteittyd tussen ’n ouer en kind. Sol-Tech se jaarlikse Ma-aand het weer bewys dat hierdie spesiale geleentheid veel
06/06/2026
Sol-Tech het op 4 Junie 2026 ’n besondere mylpaal gevier toe die eerste groep haarkappery-studente hul opleiding suksesvol voltooi en gepromoveer het. Hierdie groep pioniers het nie net ’n kwalifikasie verwerf nie, hulle het geskiedenis gemaak as die eerste studente wat die haarkappery-kwalifikasie aan Sol-Tech voltooi het.
Lees die volledige artikel hier
Sol-Tech maak geskiedenis: Haarkappery se eerste studente promoveer - Sol-Tech
Sol-Tech het op 4 Junie 2026 ’n besondere mylpaal gevier toe die eerste groep haarkappery-studente hul opleiding suksesvol voltooi en gepromoveer het.
04/06/2026
Ontmoet ons toppresteerders wat deur hul harde werk, dissipline en deursettingsvermoë uitgestaan het.
Baie geluk met die puik prestasie!