Aros

Aros

Share

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros). Onderwysersopleiding in Suid-Afrika. Aros se kampus is in Montanapark, Pretoria geleë.

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) is ʼn privaat Christelike hoëronderwysinstelling wat roepingsgedrewe studente oplei om die onderwysprofessie met kundigheid te betree. Die onderwyslandskap in Suid-Afrika is dinamies met heelwat uitdagings en ʼn groot tekort aan onderwysers. Aros wil graag studente toerus om ʼn verskil in die onderwyslandskap te maak. Hier geniet ongeveer 2 100 stu

Photos from Die Hoërskool Menlopark's post 18/06/2026

Ons is trots op ons oud-Arries wat nou deel is van die Menlo-familie. Hou Aros se naam hoog en maak 'n verskil!

17/06/2026

Het jy al vir Arrie ontmoet? Kom maak ‘n draai op kampus en kom groet vir Arrie!

Hy sal jou graag geselskap hou terwyl jy meer oor Aros uitvind, jou aansoek indien en die eerste tree op jou reis as ‘n roepingsgedrewe onderwyser gee.

Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!

Photos from Aros's post 17/06/2026

Steen vir steen word die droom ‘n werklikheid!

Ons ouditoriumprojek vorder mooi, en ons is opgewonde oor wat voorlê. Hierdie ruimte gaan nie net vir die Aros-gemeenskap waarde toevoeg nie, maar gaan ook ‘n plek van samekoms wees wat mense leer-, groei- en inspireringsgeleenthede sal bied.

Hou ons blad dop om te sien hoe die bouwerk steen vir steen vorder!

17/06/2026

Die korrekte antwoord: C. o. 15A-rugbyspan.

Verduideliking:
Reël 7.2 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls lui soos volg: “Indien die voorbepaling van ’n samestelling bestaan uit ’n woord of afkorting gevolg deur ’n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die voorbepaling los van die syfer of simbool geskryf.” (Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2017:34) Nog voorbeelde hier is: gr. 11-groep, graad 1-onderwyseres en vitamien E-tekort.

Was jy reg? Laat weet ons gerus!

16/06/2026

Ons is opgewonde om die weeklikse taalvraag met julle te deel:

Watter een van die volgende skryfwyses is korrek?
(a) Die o.-15A-rugbyspan het Saterdag ’n oortuigende oorwinning behaal.
(b) Die o. 15A rugbyspan het Saterdag ’n oortuigende oorwinning behaal.
(c) Die o. 15A-rugbyspan het Saterdag ’n oortuigende oorwinning behaal.
(d) Die 0. 15A-rugbyspan het Saterdag ’n oortuigende oorwinning behaal.

Wat d**k julle is die korrekte antwoord? Laat weet ons in die kommentaar!

16/06/2026

Gelukkige Jeugdag, Arries!

1 Timótheüs 4:12: "Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ’n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.”

Mag julle vandag onthou dat julle jeug nie ’n beperking is nie, maar ’n geleentheid om met moed, integriteit en geloof ’n verskil te maak. Leef doelgerig, dien met oorgawe en wees die voorbeeld wat hoop in die wêreld bring.

Gelukkige Jeugdag aan elke Arrie wat reeds vandag besig is om môre se toekoms te vorm.

Photos from Aros's post 12/06/2026

Het jy geweet?
Internasionale Speldag (International Day of Play) word jaarliks op 11 Junie gevier en dien as ‘n wêreldwye bewusmakingsinisiatief wat deur die Verenigde Nasies ingestel is om die belang van spel in kinders se ontwikkeling te beklemtoon.

In vroeëkinderjare-ontwikkeling is spel nie bloot ontspanning en pret nie, maar die manier waarop die jong kind hul leefwêreld verstaan. Wanneer ‘n kind bou, rolspel doen, sing, hardloop of selfs net sand ondersoek, leer hulle voortdurend. Spel is nie bloot “speeltyd” nie, maar ‘n noodsaaklike komponent van leer en ontwikkeling.

Spel dra by tot:
breinontwikkeling en probleemoplossing;
sosiale vaardighede soos samewerking en deel;
emosionele ontwikkeling en selfvertroue;
fisieke ontwikkeling (groot en fyn motoriese vaardighede); en
meer betekenisvolle en genotvolle leerervarings.

Kom ons bied kinders die ruimte, tyd en vryheid om te speel, want deur spel bou kinders aan ’n beter toekoms.

Ons Aros-personeel het ook met die spel hand bygesit ... Ons wonder hoe hul koördinasie was?

Photos from Aros's post 12/06/2026

Die derdejaar-Verbruikerstudiestudente het onlangs hul praktiese eksamen op die Aros-kampus voltooi. Die eksamen het oor twee volledige dae gestrek, waartydens die eerste groep op 5–6 Junie en die tweede groep op 8–9 Junie deelgeneem het.

Tydens die eksamen moes studente gevorderde voedselproduksievaardighede, tegniese akkuraatheid en kreatiwiteit demonstreer deur ‘n verskeidenheid produkte te beplan, voorberei en aan te bied.

Hulle spyskaarte het die volgende ingesluit:
- focaccia met gekaramelliseerde appel en karamelsous
- Beierse roomtertjies met ‘n brosbroodkoekiekors
- ‘n temakoek bestaande uit sponskoek, malvalekkerfondant en Italiaanse botterroom

10/06/2026

Verkies julle as onderwysers ‘n rooi gelpen of balpuntpen om die merkwerk mee te doen?

09/06/2026

In hierdie week se taalwenk wys ons julle graag op die belangrike betekenisverskil tussen “e-pos” en “epos” in Afrikaans.

Het julle al ooit die verkeerde gebruik van dié twee woorde in Afrikaans teëgekom? Deel jul antwoorde met ons in die kommentaar!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Besembiesiesweg 1037, Montana Park
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00