AHMP Oudleerlingbond

AHMP Oudleerlingbond

Share

Die AHMP OUDLEERLINGBOND FB BLAD (Affie-Alumni) streef daarna om oud-Affies met mekaar te verbind vi Die hoof van die Skool is ex officio 'n lid.

Ontstaan
Die Oud-Affiebond bestaan reeds sedert 1988 met twee hoofdoelwitte: om die bande van skoolvriendskappe te hernu en te versterk, en om die Skool met woord en daad en gesindheid by te staan. Op die oomblik staan die Bond onder die bekwame leiding van Mev Vera de Klerk (née le Roux, matriek 1958). Lidmaatskap
Alle oudleerlinge van AHMP is geregtig op lidmaatskap asook alle oud-onderwyseresse

17/06/2026

Ons nooi julle hartlik uit om saam te kom kuier......met jou Oud-Affie maats en kom maak selfs 'n paar nuwes.

Kies asb die "Oud-Affie Lapa" opsie wanneer jy bespreek

AFFIE WILDSFEES, 2026

Die wagtyd is verby. Kaartjies vir die Affie Wildsfees is nou beskikbaar!

Saterdag 22 Augustus by Harlequins Rugbyklub

Ricus Nel, Adam Tas en Die Piesangskille

Ons sien uit na ’n dag vol Affie-gees, musiek, lekker kos en saamkuier.

Koop jou kaartjies by die volgende skakel: https://itickets.co.za/register/new/486343

17/06/2026
14/06/2026

OUD-AFFIE WEN COMRADES

Baie geluk aan oud-Affie George Kusche (matriek, 2016) wat vandag eerste oor die wenstreep van die 2026 Comrades Ultramarathon gehardloop het.

George het die "Op"-wedloop se 85,777 km in 'n nie-amptelike tyd van 5 ure, 16 minute en 6 sekondes voltooi. Dit verbeter die tyd van Leonid Shvetsov wat 5:24:29 gehardloop het aan 'n roete wat so 800m korter was in 2008.

George word die tweede oud-Affie wat met hierdie gesogte eerste plek wegstap. George Claassen (matriek, 1933, op 16-jarige ouderdom) het die "af"-wedloop in 1961 gewen.

Photos from Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria's post 12/06/2026
10/06/2026

Ons Orkes blink uit by die Pretoria Eisteddfod!

Baie geluk aan ons dogters wat 'n A++-toekenning by die Pretoria Eisteddfod verwerf het!

Ons is trots op hierdie prestasie. Ten spyte van hul akademiese verpligtinge en slegs een uur se oefening per week, het hulle met toewyding, passie en harde werk uitstekende resultate behaal.

'n Spesiale gelukwensing ook aan mnr. Eddie en die Waterkloof-orkes, wat as itemwenner aangewys is.

Julle is ware ambassadeurs van ons skool en bewys dat toewyding en deursettingsvermoë groot sukses kan oplewer.

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


AHMP Oud-Affiebond, Posbus 74391, Lynnwoodrif
Pretoria
0040