21/06/2026
💙 G E L U K K I G E V A D E R S D A G 💙
HA Akademie bied aan leerders 'n avontuurlustige leeromgewing met passievolle personeel.
21/06/2026
💙 G E L U K K I G E V A D E R S D A G 💙
19/06/2026
🦸♂️V A D E R S D A G🕺
Aan al die Pa's, Oupa's en Vaderfigure in ons leersentrum-gemeenskap – ons wil vandag vir julle sê: BAIE DANKIE! 💙
Julle ondersteuning, betrokkenheid en liefde maak 'n wêreld se verskil in die lewens van julle kinders. Of dit nou is om te help met skoolprojekte, om kinders te kom haal, of om net elke dag daar te wees – julle word raak gesien en waardeer.
Mag julle dag gevul wees met glimlagte, drukkies en baie liefde.
Geseënde Vadersdag,
HA Akademie !
19/06/2026
Graad 1 - 3: Vadersdag Kuns! 🤩
19/06/2026
Baie geluk met jou spesiale dag vandag Juffrou Dané!🤍🤗
Jou liefde, omgee en opregte hart vir elke leerder in jou klas is iets wat ons bewonder en waardeer. Jy sien nie net nommers of name nie – jy sien potensiaal, en jy plant saad wat vir altyd sal groei.🤍
Dankie vir die ekstra myl wat jy stap, jou woorde van bemoediging, die geduld en die warmte wat jy elke dag uitdeel. Jy maak ‘n verskil – nie net in die klas nie, maar in elke leerder en personeellid se hart.🫶
Mag jou spesiale dag gevul wees met vreugde, liefde en die wete dat jy waarlik geseën is om ‘n seën vir ander te wees.🙌🤍
Geniet jou dag – jy verdien dit!
Met liefde en waardering,
HA Akademie ❤️
12/06/2026
Graad 2: Kuns: “Ons maak ons eie maskers!" 🎭😄
12/06/2026
Graad 3: Kuns: “Ons maak ons eie robotte!" 🤖😝
12/06/2026
Baie geluk met jou verjaarsdag wat gister plaasgevind het Lian. Ons hoop dat jy jou verjaarsdag baie geniet het, en dat jy baie bederf was. Baie dankie vir die lekker bederf! 🥳🧁
11/06/2026
Hartlike gelukwense aan Juffrou Annoesjka met jou verjaarsdag! 🥰🩷
Ons waardeer jou toewyding, passie en die positiewe impak wat jy elke dag op die leerders maak. Mag jou dag net so spesiaal wees soos wat jy vir ons is.
Mag hierdie nuwe jaar vir jou net vreugde, liefde en groot seëninge bring. Geniet jou dag, liewe Juffrou! 🌷🥰
10/06/2026
Baie geluk met jou verjaarsdag wat gister plaasgevind het Zaine! 🥳🤩
Ons hoop dat die Here jou sal spaar vir nog baie jare. Baie dankie vir die bederf!🧁🍬
29/05/2026
Graad 4: Piekniek-pret! 🍭🍫🥤
| Monday | 07:00 - 15:00 |
| Tuesday | 07:00 - 15:00 |
| Wednesday | 07:00 - 15:00 |
| Thursday | 07:00 - 15:00 |
| Friday | 07:00 - 15:00 |