21/06/2026
as onsekerhede my oorheers
dan soek ek eerste na my pa
wie eerste is om in my te glo en
my gedurig herinner om aan te hou
op te kyk en nooit op te gee nie
waar hy is is my vrede en ek weet
ek en my drome is veilig in sy arms.
-kaalwoorde
17/06/2026
Veels geluk aan ons raakvatter mense wat Mei verjaar het.
Mag die veldblomme op pad na die bergpieke oorvloedig wees!
11/06/2026
Stadsbeker semi-finaal wenners. Baie geluk aan ons o.10’s. Ons sien uit na die finaal en sterkte seuns. Ons as skool staan saam met julle. Kransies bo! 🏆🏉🏆
09/06/2026
Eerste Graad 7-eksamen, 2026. Dankie Bidmammas dat julle ons Graad 7’s ingelei het met gebed, ietsie warm en pragtige boekmerkies. Wat ‘n kosbare tradisie!
08/06/2026
Baie geluk aan ons o.10-rugbyspan wat ligawenners is. Ons as skool is trots. 🏆🏉🏆
05/06/2026
Ons Graad 4 leerders het vandag 'n besonderse Wetenskappe les gehad. Ons het meer geleer hoe ons harte werk. Vier hart kamers en vier belangrike kleppe! Beslis 'n les wat ons altyd sal onthou!