Laerskool Saamspan

Laerskool Saamspan

Share

Laerskool Saamspan is 'n Afrikaans medium skool met 'n visie as skool om 'n verskaffer van voortrefl

Photos from Laerskool Saamspan's post 14/06/2026

Comrades 2026🏃

Ons is baie trots op Juffrou Geraldine Boshoff wat aan die Comrades 2026 deelgeneem het!

Die Comrades word nie verniet die "Ultimate Human Race" genoem nie. Juffrou Geraldine het hierdie ongelooflike uitdaging aangepak en haar wedloop in minder as 9 ure voltooi – 'n besonderse prestasie wat baie toewyding, deursettingsvermoë en harde werk verg.⭐

Ons Samies is ongelooflik trots op haar en die vasberadenheid wat sy deur die hele reis gewys het. Sy is vir ons almal 'n inspirasie!

Baie geluk, Juffrou Geraldine!🏅Dra daai medalje met trots!

'n Groot dankie ook aan al die Samies wat haar agter die skerms ondersteun, aangemoedig en in haar geglo het. Julle ondersteuning het 'n groot verskil gemaak.⭐🩵

Photos from Laerskool Saamspan's post 12/06/2026

COMRADES 2026🏃‍♀️💙💛

Ons is baie trots om hierdie jaar 'n Samie te hê wat aan die Comrades deelneem!

Juffrou Geraldine het 'n droom gehad, hard geoefen en met deursettingsvermoë en toewyding gewerk om hierdie mylpaal te bereik.

Juffrou Geraldine, baie sterkte met Sondag se wedren!

Ons Samies staan bankvas agter jou en ondersteun jou elke tree van die pad. Mag jy 'n geseënde wedren hê, krag ontvang wanneer dit moeilik raak, en die vreugde ervaar om jou droom te verwesenlik.

Onthou: Elke tree wat jy hardloop, hardloop ons in gees saam met jou!

⭐ SAMIES IS TROTS OP JOU! ⭐

Volg juf Geraldine op die Comrades race nommer G27186 App
https://rtrt.me/ulink/CMSA/CMSA-COMRADES-2026/tracker/RMNGC4RA/focus

💙💛🏃‍♀️

01/06/2026

Netbal nuus🏐

Baie geluk aan ons 0/11 Meisies wat so ver deur gegaan het.🎉

Ons is baie trots op iedere en elkeen van julle.⭐ Dankie vir julle mooi gesindheid en samewerking

Dankie ook aan al die ouers, Oumas en Oupas langs die veld. Ons waardeer julle opreg.💙

Ons sien uit om te sien na watter hoogtes hierdie spannetjie nog gaan gaan! 🏆

27/05/2026

Lekker verjaar juffrou Louisa Jacobs! ⭐🎉

22/05/2026
22/05/2026

'n Laaste groet aan ons 0/13 Netbal Meisies 💙

Photos from Laerskool Saamspan's post 22/05/2026

0/13 Netbal🏐

So het die tyd aangebreek om ons 0/13 Meisies te groet.🥲 Die trane het omtrent geloop!

Dinsdag was hul laaste Laerskool netbal wedstryd!

Ons het elkeen van julle voor ons sien groot word en groei!⭐

Dit was 'n voorreg om hierdie pad saam julle te stap.

Mag julle in die Hoërskool aanhou speel en hoë hoogtes bereik! 🎉

22/05/2026

Netbal nuus 🏐

Baie geluk aan ons 0/11 A netbalspan wat aangewys is as liga wenners!

Julle het die hele seisoen vir ons gewys wat is spanwerk en deursettingsvermoë!

Ons is trots op julle!

Sterkte vir die uitspeel wedstryde wat voorlê! ⭐

Photos from Laerskool Saamspan's post 22/05/2026

Netbal nuus🏐

So kom ons netbal seisoen tot n einde!

Baie dankie aan elke dogter wat hulle harte uitgespeel het en ons skool se naam hoog gehou het! ⭐

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


H/V Daniel En Dennyssenstraat Mountain View
Pretoria
0082