14/06/2026
AFFIE-HOKKIE
Uitslae van die Pretoria-bekerwedstryde teen Waterkloof:
1stes wen, 1-0
14A wen, 2-1
Baie geluk, manne!
Amptelike Facebook-blad van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.
14/06/2026
AFFIE-HOKKIE
Uitslae van die Pretoria-bekerwedstryde teen Waterkloof:
1stes wen, 1-0
14A wen, 2-1
Baie geluk, manne!
14/06/2026
OUD-AFFIE WEN COMRADES
Baie geluk aan oud-Affie George Kusche (matriek, 2016) wat vandag eerste oor die wenstreep van die 2026 Comrades Ultramarathon gehardloop het.
George het die "Op"-wedloop se 85,777 km in 'n nie-amptelike tyd van 5 ure, 16 minute en 6 sekondes voltooi. Dit verbeter die tyd van Leonid Shvetsov wat 5:24:29 gehardloop het aan 'n roete wat so 800m korter was in 2008.
George word die tweede oud-Affie wat met hierdie gesogte eerste plek wegstap. George Claassen (matriek, 1933, op 16-jarige ouderdom) het die "af"-wedloop in 1961 gewen.
12/06/2026
AFFIE-HOKKIE
Hiermee die bepalings vir Saterdag se wedstryde:
AFGRI
Renault South Africa
arrienel_pharmacies
10/06/2026
AFFIE-DEBAT
'n Volle vyf Affie-debatspanne sal op 3 Augustus aan die ATKV-depatskompetisie se nasionale finaal by Klein Kariba deelneem.
Baie geluk aan die twee junior spanne van Hardus Ferreira, Reuben Loubser en Hendrik Botes asook Peter Ferreira, Lihan Botha en Divan van der Westhuizen.
In die senior afdeling sal drie Affie-spanne die skool verteenwoordig, naamlik James Roets en Paul Ralph Smit, Bjorn Pendlebury en Juandré Ge**er asook Emil Els en Christopher Janse van Vuuren.
Sterkte met julle voorbereiding!
fairtree_group
08/06/2026
AFFIE-ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD
Die Konsertorkes, Strykorkes en die Swing Ensemble het almal puik presteer by die Pretoria Eisteddfod. Al drie orkeste ontvang 'n A++ en word as kategoriewenners van die onderskeie afdelings aangewys. Die Swing Ensemble word as die algehele wenners van die Orkeste-afdeling aangewys.
Baie geluk aan die volgende individuele prestasies:
Vokaal
Terence Beattie (gr. 10)
Hoogste gemiddeld Gr. 8-10
Mimi Coertse toekenning (beoordelaarskeuse vir die leerder met baie potensiaal)
Martinus van Rooyen (gr. 11)
Beste Musiekblyspel
Hoogste gemiddeld (seuns)
Beste Engelse lied
Beste Kunslied
Beste ensemble
Algehele wenner
Sanger van die jaar
Hout- en Koperblasers:
Morné Erlank (gr. 10)
Algehele Wenner van die Koperblaasafdeling
Juanco van Zyl (gr. 10)
Beste Bladlees (Gr. 1 - 3)
Ben Cilliers (gr. 12)
Beste Onbegeleide Studie
Beste gemengde ensemble (saam met Morné Greyling - viool)
Lodewikus Prinsloo (gr. 12)
Beste Koperblasers
Beste Franse Horing
Gustav Bouwer (gr. 11)
Beste Tromboon
Janrich de Necker (gr. 12)
Beste Tuba
Julius Eybers (gr. 12)
Beste Trompet
AHS Saxofoonkwartet
Beste Houtblaasensemble
Perkussie
Reuben Wolfaardt (gr. 9)
Beste Uitvoering
Beste Studie
Beste Perkussie Uitvoering
Beste Junior Hoërskool Leerling
Reinhardt Snyman (gr. 11)
Beste Snaartrom Uitvoering
Algehele Wenner van die Perkussie afdeling
AHS Drumline
Beste Ritmiese Ensemble: Hoërskool
Baie geluk, manne!
fairtree_group
08/06/2026
AFFIE-MUURBAL
Lodewyk de Clercq (gr. 8) is by die 2026 Northerns o.15 A-Muurbalspan ingesluit. Hierdie span neem deel aan die Interprovinsiale Toernooi wat van 27 Junie tot 1 Julie 2026 plaasvind.
Baie geluk, Lodewyk!
08/06/2026
AFFIE-REDENAARS
Nie minder nie as vier Affie-gladdebekke het na die ATKV-redenaarskompetisie se nasionale finaal, wat op 4 Augustus plaasvind, deurgedring.
Baie geluk aan Samuel Robertson (gr. 9), Ofentse Serote (gr. 9), Harrison Nass (gr. 9) en Werner Victor (gr. 12).
08/06/2026
AFFIE-HOKKIE
Uitslae van die wedstryde teen Menlopark:
1stes wen, 2-0
2des gelykop, 2-2
16A wen, 3-0
16B wen, 2-0
14A verloor, 0-1
14B wen, 3-0
Mooi skoot, manne!
AFGRI
Renault South Africa
arrienel_pharmacies
03/06/2026
AFFIEKOOR DEUR NA APPLOUS-FINAAL
Baie geluk aan die Rooidasse wat na die landswye finaal van die ATKV-Applous Nasionale Koorkompetisie deurgedring het
Die finaal vind op Saterdag, 1 Augustus, in Kaapstad plaas.
Sterkte met jul voorbereiding!
fairtree_group
02/06/2026
AFFIE-GHOLFDAG
Teken solank die datum aan vir die 2026 Affie-gholfdag. Besprekings open 22 Julie.
| Monday | 09:00 - 15:00 |
| Tuesday | 07:30 - 15:00 |
| Wednesday | 07:30 - 15:00 |
| Thursday | 07:30 - 15:00 |
| Friday | 07:30 - 15:00 |