24/06/2026
HTS John Vorster is die Beste Publieke Afrikaanse Hoërskool in Pretoria... Stem jy saam?
Volg die skakel en maak jou merk!
https://www.bestofsouthafrica.co.za/pretoria/bop-voting-education/
Baie dankie aan almal wat ons genomineer het vir die BEST OF PRETORIA. Ons waardeer julle ondersteuning en liefde vir ons skool.
Vote Best of Pretoria Education, Lessons & Coaching | Best of SA
Vote for the top schools, colleges and learning institutions in the Best of Pretoria Education category - Best of SA.
23/06/2026
Dankie vir julle ondersteuning!
Ons het gevra en julle het gehelp! Baie dankie aan almal wat ons Steen-projek ondersteun. Ons het 'n magdom stene ontvang. Baie dankie daarvoor.
Ons het wel steeds julle hulp nodig, want die JV's het GROOT planne. Enige stene (heel of half), boumateriaal, sement, ens. is steeds welkom.
Kontak meneer Du Rand ([email protected]), indien jy 'n skenking kan maak of vir navrae.
23/06/2026
Toekomsberaad van Afrikaanse Onderwys
Mevrou Gerda Klopper (BL-voorsitter van Bemarking) en Loraine Nienaber (BL-ouer) kuier vandag by die Toekomsberaad van Afrikaanse Onderwys. Die geleentheid vind by die Voortrekker Monument plaas en word aangebied deur Solidariteit en Skoleondersteuningsentrum SOS.
Geniet die dag en geniet die inligtingsessies.
21/06/2026
HTS John Vorster se kultuur-koningin - Esther Steenkamp