Laerskool Kameelfontein

Laerskool Kameelfontein

Share

'n Dinamiese Afrikaanse skool met 'n ryk geskiedenis en 'n landelike atmosfeer net buite Pretoria.

18/06/2026

πŸ‰ Stadsbeker Finaal – O/11 Rugbyspan πŸ‰

Baie sterkte aan ons ongelooflike o/11 rugbyseuns wat vandag in die Stadsbeker-finaal uitdraf!

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle harde werk, deursettingsvermoΓ« en spangees het julle tot hier gebring. Onthou om elke oomblik te geniet, vir mekaar te speel en alles op die veld te los.

Ons staan bankvas agter julle en weet dat julle die skool met trots sal verteenwoordig. Hou die koppe hoog, speel met passie en geniet die voorreg om in 'n finaal te speel!

πŸ’™πŸ’› Gaan wys wat in julle steek! πŸ‰ Geniet dit, speel hard en maak mooi herinneringe!

Sterkte, manne – ons glo in julle! πŸ’ͺπŸ”₯πŸ†

17/06/2026

🌟✨ Lofontploffing GlowShow 2026! ✨🌟

Maak gereed vir 'n aand propvol energie, ligte, musiek en pret! πŸŽΆπŸ’‘πŸ”₯ Kom beleef die ongelooflike Lofontploffing GlowShow hierdie Vrydag om 19:30 by Laerskool Kameelfontein.

Trek jou warm winterbaadjie aan, bring jou kampstoele, familie en vriende, en kom skep herinneringe onder die ligte! 🌈✨

πŸ“ Laerskool Kameelfontein Sportveld
πŸ—“οΈ Vrydag
⏰ 19:30

Jy wil beslis nie hierdie skouspelagtige aand misloop nie! πŸ’«

✨πŸͺ©πŸŽ‰

16/06/2026

πŸ‡ΏπŸ‡¦ JEUGDAG | 16 JUNIE πŸ‡ΏπŸ‡¦

Vandag vier ons die moed, deursettingsvermoΓ« en drome van die jeug wat ons land gevorm het en steeds ons toekoms bou.

By Laerskool Kameelfontein glo ons dat elke leerder die potensiaal het om ’n verskil te maak. Mag ons jeug aanhou om groot te droom, mekaar te respekteer, eenheid te bevorder en die toekoms positief te beΓ―nvloed.

✨ Die jeug van vandag, die leiers van môre.

14/06/2026

πŸŽ‰ Gelukkige verjaarsdag, Juf. Lara van der Westhuizen! πŸŽ‰

Juf. Lara is sonder twyfel een van die mees opregte mense wat ons ken. Haar hart vir elke leerder, asook haar passie en toewyding vir die onderwys, straal duidelik deur in alles wat sy aanpak. Sy lei met soveel entoesiasme en energie, en is elke leerder se grootste ondersteuner en β€œcheerleader”. Of dit nou in die klaskamer of op die netbalbaan is β€” Juf. Lara gee altyd haar beste en inspireer ander om dieselfde te doen.

Lara, dankie dat jy die besondere vermoΓ« het om elke persoon wie se lewe jy aanraak, kosbaar en waardevol te laat voel. Jou liefde, omgee, entoesiasme en positiewe gees helder elke dag op en laat ’n blywende indruk op almal om jou. Mag jou verjaarsdag gevul wees met vreugde, liefde en baie spesiale oomblikke. Dankie vir alles wat jy doen en vir die lig wat jy elke dag bring β€” ons waardeer jou ongelooflik baie!

Photos from Laerskool Kameelfontein's post 13/06/2026

πŸ‰πŸ’™ Loftus Bulletjierugbydag 2026 πŸ’™πŸ‰

Wat ’n ongelooflike dag by die Loftus Bulletjierugbydag! Ons Bulletjies het vandag met groot entoesiasme, vasberadenheid en spanwerk die veld betree en die seisoen op ’n hoΓ« noot afgesluit. Elke seuntjie het sy hart uitgespeel en met trots ons skool se waardes uitgeleef.

Ons is ongelooflik trots op elke Bulletjie wat deur die seisoen gegroei het, uitdagings aangepak het en nooit opgehou het om hul beste te gee nie. Julle passie vir die spel en julle liefde vir die span maak ons trots!

’n Spesiale woord van dank aan elke afrigter, onderwyser en ouer wat hierdie seuns deur die jaar ondersteun, aangemoedig en gevorm het. Julle tyd, toewyding en opoffering maak ’n blywende verskil in elke jong speler se lewe.

Baie geluk aan al ons Bulletjies met ’n fantastiese seisoen. Julle het gewys wat dit beteken om met trots, respek en deursettingsvermoΓ« te speel.

Photos from Laerskool Kameelfontein's post 13/06/2026

Ι’Ιͺκœ±α΄›α΄‡Κ€ Ιͺꜱ ᴏɴꜱ α΄Ι΄α΄…α΄‡Κ€α΄‘Κκœ±α΄‡Κ€κœ± Κ™α΄‡Κœα΄α΄Κ€ΚŸΙͺα΄‹ Κ™α΄‡α΄…α΄‡Κ€κœ°, ᴇɴ ᴏɴꜱ Κœα΄€Κ€α΄›α΄‡ ʟᴏᴏᴘ ᴏᴏʀ α΄ α΄€Ι΄ α΄…α΄€Ι΄α΄‹Κ™α΄€α΄€Κ€Κœα΄‡Ιͺα΄…!

'n Groot dankie aan ons leiers en hul ouers wat die ekstra moeite gedoen het om ons spesiaal te laat voel. NΓ‘ 'n lang en besige kwartaal beteken sulke gebare soveel meer as wat woorde kan beskryf.

Dit is nie net die lekkernye wat waardeer word nie, maar die liefde, omgee en erkenning wat daarmee saamkom. Dankie dat julle ons herinner dat die harde werk raakgesien en waardeer word.

Ons is werklik geseΓ«nd met so 'n besondere skoolgemeenskap.

12/06/2026

𝔹π•ͺ π•ƒπ•’π•–π•£π•€π•œπ• π• π• π•‚π•’π•žπ•–π•–π•π•—π• π•Ÿπ•₯π•–π•šπ•Ÿ π•œπ•’π•Ÿ π•œπ•π•–π•šπ•Ÿ π•‚π•’π•žπ•žπ•šπ•–π•€ π•˜π•£π• π• π•₯ π••π•£π• π•žπ•– π••π•£π• π• π•ž. Hier tel elke leerder en is kind-wees en presteer ons prioriteit.

Kom kuier gerus by ons Gr. R Opedag op 25 Junie 2026, tussen 16:00 - 18:00, of kom loer gerus enige ander tyd by ons in.

12/06/2026

οΌ’ο½ο½‰ο½…γ€€ο½‡ο½…ο½Œο½•ο½‹, Dakota-Lee Carelse!

Ons is trots om aan te kondig dat Dakota-Lee Carelse die wenner is van die GPF se Wagter Willem Inkleurkompetisie!

Baie dankie aan al die leerders wat deelgeneem het en hul kreatiwiteit gewys het. Kameeldrift Trauma Support Kameeldrift CPF (East) / Kameeldrift GPF (Oos)

12/06/2026

π•†π•‘π•–π••π•’π•˜ 𝕓π•ͺ π•ƒπ•’π•–π•£π•€π•œπ• π• π• π•‚π•’π•žπ•–π•–π•π•—π• π•Ÿπ•₯π•–π•šπ•Ÿ!

Is jou kind gereed om sy of haar skoolreis te begin?

Kom kuier saam by ons Opedag en ervaar die warmte, gees en trots van ons skool. Ontmoet ons personeel, verken ons terrein en sien self waarom ons sΓͺ: "Reik Hoog!"

Jy kan nie verkeerd gaan as jy Kammies kies nie.

πŸ“… 25 Junie 2026
⏰ 16:00 – 18:00

Ons sien uit daarna om julle te verwelkom!

12/06/2026

'n Nuwe maatjie

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Plaas Kameelfontein 297, Gedeelte 27
Pretoria
0035

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00