Laerskool Die Poort Amptelik

Laerskool Die Poort Amptelik

Share

Laerskool Die Poort is 'n skool waar ons glo in die onskuld van kinders, en waar kinders nog kinders kan wees.

Sekerlik vandaar die verwysing na ons kinders as Die Kaalvoet Poortjies!

24/06/2026

๐Ÿ๐ŸŒŸ ๐๐Ž๐Ž๐‘๐ƒ-๐†๐€๐”๐“๐„๐๐† ๐€๐Š๐’๐ˆ๐„๐Š๐‘๐ˆ๐„๐Š๐„๐“๐’๐๐€๐ ๐†๐„๐‘๐„๐„๐ƒ ๐•๐ˆ๐‘ ๐ˆ๐๐“ ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ”! ๐ŸŒŸ๐Ÿ

Baie geluk aan Ben Hoepfner, Leo Camacho, Hendrรฉ van den Berg, Logan Kruger en Carel Wentzel wat gekies is vir die Noord-Gauteng Aksiekrieketspan! ๐Ÿ‘๐ŸŽ‰

โ€™n Spesiale gelukwensing aan Carel Wentzel, wat as kaptein van die span aangewys is. ๐Ÿ†๐Ÿ’ช

Die span neem vanaf 26 โ€“ 30 Junie 2026 deel aan die IPT Aksiekrieket Toernooi (Inter Provincial Tournament). ๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ๐Ÿ

Ons wens julle alle sterkte toe vir die komende naweek. Speel hard, geniet elke oomblik en maak ons Poortjies trots! ๐Ÿ’™๐Ÿ”ฅ

23/06/2026

๐ˆ๐๐“๐„๐‘๐’๐Š๐Ž๐‹๐„ ๐‘๐„๐ƒ๐„๐๐€๐€๐‘๐’๐‹๐ˆ๐†๐€ ๐Ÿ’ฌ๐Ÿ’™

Stella Burger skitter by die Interskole Redenaarsliga waar sy deurdring na die nasionale finaal van hierdie kompetisie!

Dit is 'n besonderse prestasie!
Stella, jy maak ons trots!
๐Ÿ’™๐Ÿค๐Ÿ’›

Photos from Laerskool Die Poort Amptelik's post 23/06/2026

๐Ÿ‘๐ŸŒŸ ๐๐จ๐จ๐ซ๐ ๐ฏ๐š๐ง ๐๐ข๐ž ๐๐ž๐ซ๐  ๐‡๐จ๐ค๐ค๐ข๐ž ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ” ๐ŸŒŸ๐Ÿ‘

Baie geluk aan ons hokkiedogters met hul uitstekende prestasies by die Noord van die Berg-toernooi! ๐ŸŽ‰๐Ÿ‘

๐Ÿฅˆ Ons 1ste span dogters het 'n welverdiende 2de plek behaal.
๐Ÿฅˆ Ons o/12 dogters het ook uitstekend gevaar en die toernooi in 2de plek afgesluit.

๐Ÿ’™ Hierdie prestasies is 'n bewys van harde werk, deursettingsvermoรซ en spangees. Ons dogters begin die seisoen beslis op 'n hoรซ noot! ๐ŸŽถโญ

Ons is ongelooflik trots op julle! ๐Ÿ’ช๐Ÿ‘๐ŸŽ‰

Photos from Laerskool Die Poort Amptelik's post 23/06/2026

๐๐จ๐จ๐ซ๐ญ๐ฃ๐ข๐ž๐ฌ -๐’๐€๐๐„๐’๐€ ๐Ÿต๏ธ๐Ÿ‡

Ons SANESA Poortjie-ruiters het die afgelope naweek die koue trotseer en op 20 en 21 Junie deelgeneem aan die vierde kwalifiserende rondte te Eaton farm.

Hier het ons ruiters in verskeie klasse deelgeneem en goeie prestasies behaal.

๐Ÿต๏ธ Jennifer Zeelie met Storm.
1 ste plek in Equitation

๐Ÿต๏ธ Nadia Potgieter met Flash.
1 ste plek in Show Jumping
1 ste plek in Show Jumping

๐Ÿต๏ธ Lindi Sprong met Lilly Bloom.
5 de plek in Dressage
7 de plek in Dressage
Wen ook die gelukkige trekking vir die verkoelingsjassie vir Lilly Bloom

๐Ÿต๏ธ Chevelle Campbell met Harley.
4 de plek in Show Jumping
4 de plek in Show Jumping
3 de plek in Prix Caprilli
3 de plek in Prix Caprilli

๐Ÿต๏ธ Stefney Pansegrouw met Vreugde.
9 de plek in Show Jumping

๐Ÿต๏ธ Inge-May Whittal met Monty.
8 ste plek met Show Jumping
9 de plek met Show Jumping

๐Ÿต๏ธ Lienke Potgieter met Moonlight.
1 ste plek met Show Jumping
2 de plek met Show Jumping

Baie geluk aan al ons ruiters, ons is verskriklik trots op julle!๐Ÿค๐Ÿ’™๐Ÿ’›

22/06/2026

๐ŸŽ‰ ๐„๐ค๐ฌ๐š๐ฆ๐ž๐ง๐ฌ๐ญ๐ซ๐ž๐ฌ? ๐€๐Ÿ๐ ๐ž๐ฌ๐ค๐ฎ๐! โœ…๐Ÿ˜„

Dit is die laaste week van skool en die vakansiegees is in die lug! โ˜€๏ธ๐ŸŽ’๐ŸŒˆ Ons tel die slapies af en kan nie wag vir die vakansie nie! ๐Ÿ’คโžก๏ธ๐Ÿ–๏ธ

Photos from Laerskool Die Poort Amptelik's post 22/06/2026

๐Ÿ‰๐Ÿ’™๐Ÿ’› ๐๐ฎ๐ฅ๐ฅ๐ž๐ญ๐ฃ๐ข๐ž๐ซ๐ฎ๐ ๐›๐ฒ ๐‹๐จ๐Ÿ๐ญ๐ฎ๐ฌ๐๐š๐  ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ“ ๐Ÿ’›๐Ÿ’™๐Ÿ‰

Hierdie klein rugby-lyfies maak ons Poortjie-harte ongelooflik trots! ๐ŸŒŸ Julle het groot passie op die rugbyveld gewys, en aan die glimlagte op julle gesiggies kon ons sien dat julle elke oomblik geniet het. ๐Ÿƒโ€โ™‚๏ธ๐Ÿƒโ€โ™€๏ธ๐Ÿ’™

๐Ÿ‘ Aan ons ongelooflike afrigters: Hierdie seisoen het sy uitdagings, vreugdes en onvergeetlike hoogtepunte gehad, maar deur dit alles was jรบlle daar โ€“ met geduld, passie, opoffering en toewyding. Julle het nie net rugby afgerig nie; julle het waardes geleer, selfvertroue gebou en herinneringe geskep wat hierdie seuns en dogters vir altyd sal koester. โค๏ธ

Ons kan met trots sรช dat ons โ€™n uitsonderlike span afrigters het. Julle is werklik tops, en sonder julle sou Bulletjierugby nie moontlik gewees het nie. ๐Ÿ™Œ Die ure wat julle insit, die energie wat julle gee en die liefde waarmee julle elke speler hanteer, word opreg waardeer. ๐ŸŒŸ

๐Ÿ˜ข Dis moeilik om te glo dat die seisoen verby is. Dit is hartseer om van ons O/8โ€™s afskeid te neem en te weet dat ons hulle op hierdie vlak groet. Tog is ons dankbaar vir elke oefening, elke wedstryd, elke oorwinning, elke les en elke spesiale oomblik wat ons saam kon deel. ๐Ÿ†๐Ÿ‰

๐Ÿ’™ Dankie aan elke speler, ouer en afrigter wat deel was van hierdie besondere seisoen. Julle is die hart van Bulletjierugby! ๐Ÿ’›

Photos from Laerskool Die Poort Amptelik's post 22/06/2026

๐Ÿ‰โœจ ๐„๐ž๐ซ๐ฌ๐ญ๐ž๐ฌ๐ฉ๐š๐ง ๐‘๐ฎ๐ ๐›๐ฒ-๐š๐Ÿ๐ฌ๐ฅ๐ฎ๐ข๐ญ๐ข๐ง๐  โœจ๐Ÿ‰

En so kom hierdie onvergeetlike rugbyseisoen tot โ€™n einde. ๐Ÿ’™

Die eerste rugby-span van die Poortjies het hulle alles gegee โ€“ met elke oefening, elke wedstryd en elke uitdaging wat oor hulle pad gekom het. ๐Ÿ’ช๐Ÿ”ฅ Julle is โ€™n pragtige voorbeeld vir die volgende voete wat in julle spore gaan trap. ๐Ÿ‘ฃ๐ŸŒŸ

Julle het gewys dat spanwerk enige iets moontlik maak. ๐Ÿค๐Ÿ† Dankie dat julle altyd julle liggies laat skyn het, op รฉn af van die rugbyveld. โœจ๐Ÿ‰

Mag julle rugbyharte altyd voluit klop, mag die lesse wat julle geleer het julle vir altyd bybly, en mag julle altyd onthou dat ware karakter nie net op die veld gebou word nie, maar ook daar buite. โค๏ธ๐Ÿ™Œ

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! ๐Ÿ’™๐Ÿ’›

21/06/2026

๐Ÿ’™ Gelukkige Vadersdag aan elke pa, oupa en vaderfiguur in ons Kaalvoet-Poortjie familie! ๐Ÿ’™

Dankie vir die liefde wat julle gee, die hand wat julle uitsteek en die voorbeeld wat julle elke dag stel. Julle help om klein voetjies groot drome te laat droom.

Ons wens julle 'n wonderlike dag saam met julle geliefdes toe.

Photos from Laerskool Die Poort Amptelik's post 19/06/2026

๐๐จ๐จ๐ซ๐ญ๐ฃ๐ข๐ž๐ฌ -๐“๐ž๐ง๐ง๐ข๐ฌ ๐ŸŽพ๐Ÿฅ‡

Ons kaalvoet trots!

Baie sterkte aan ons Poortjie-spelers en speelsters wat vanaf 22 tot 26 Junie deelneem aan die Gauteng- Noord Interskole Kampioenskappe te Groenkloof Tennisklub.

Hier sal ons spelers en speelsters hul enkelspel en dubbelspel vermoรซ en talente op die baan wys.

Die leerders is:
๐ŸŽพ Christo de Wet
๐ŸŽพ Ettienne van den Berg
๐ŸŽพ Ewan Buys
๐ŸŽพ Lua Swanepoel
๐ŸŽพ Stefney Pansegrouw
๐ŸŽพ Lienke Potgieter
๐ŸŽพ Emma Swanepoel

Ons glo dat dit met elkeen van julle sal goed gaan. Hou ons Poortjie naam hoog!

Ons is trots op elkeen van julle!

๐Ÿ’™๐Ÿ’›๐Ÿค

Photos from Laerskool Die Poort Amptelik's post 19/06/2026

๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ๐Ÿ‰ ๐ƒ๐ข๐ญ ๐ข๐ฌ ๐๐จ๐ค-๐•๐ซ๐ฒ๐๐š๐  ๐›๐ฒ ๐๐จ๐จ๐ซ๐ญ๐ฃ๐ข๐ž๐ฌ! ๐Ÿ’š๐Ÿ’›

Vandag het die Poortjies hul Springbok-hempies aangetrek om die afskop van die nuwe Bok-seisoen te vier! ๐ŸŽ‰๐Ÿ‡ฟ๐Ÿ‡ฆ

Die Poort staan saam vir ons land, ons kultuur en ons span. ๐Ÿ™Œ๐Ÿ”ฅ Ons is trots Suid-Afrikaans en baie opgewonde om te sien wat die Bokke hierdie seisoen gaan vermag! ๐Ÿ’ช๐Ÿ†

Sterkte aan ons manne in groen en goud โ€“ ons staan vierkantig agter julle! ๐ŸฆŒ๐Ÿ’š๐Ÿ’›

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


Pretoria
0039