21/06/2026
Gelukkige Vadersdag aan al ons wonderlike pappas! 💙
Dankie vir elke drukkie, elke woord van aanmoediging, die grappies wat ons laat lag en die liefde waarmee julle jul kinders elke dag omring. Julle is die helde wat klein handjies vashou, groot drome aanmoedig en kosbare herinneringe skep.
Mag julle vandag ekstra bederf word en die liefde ontvang wat julle so ruim gee. Dankie dat julle ’n besondere rol in ons kleintjies se lewens speel.
Geniet ’n wonderlike Vadersdag saam met julle gesinne!
18/06/2026
Ons Pappadag vind op Vrydag, 19 Junie 2026, plaas en ons is kinderlik opgewonde vir ons kamp-avontuur!
Ons vra dat pappas en hul kinders khaki klere aantrek indien moontlik, en om asseblief julle kampstoele saam te bring. 🏕️
16/06/2026
🌈 Gelukkige Jeugdag aan al ons wonderlike leerders, toegewyde onderwysers en ondersteunende ouers! 🌈
Mag ons vandag die vreugde, drome en potensiaal van elke kind vier. Dankie dat julle saam help bou aan ’n helder en gelukkige toekoms vir ons jongste sterretjies. ⭐
08/06/2026
Maak gereed vir Laerskool Skuilkrans, in samewerking met Skuilkrosies Kleuterskool, se jaarlikse Gholfdag op 23 Junie 2026. Dis die perfekte geleentheid om deel te wees van 'n dag vol opwinding en sportmanskap.
Ons 4 B***e en putjies word vining opgeraap – bespreek vandag om jou spasie te verseker!
Stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou 4 Bal te registreer, ‘n putjie te borg of vir meer inligting.
Kom ons slaan 'n slag vir 'n wonderlike dag!
B’s & V’s: R200 fooi betaalbaar om in aanmerking te kom vir die R100 000 Hole-in-one.
05/06/2026
Gr. RR🌝👨🚀💫
Ons Graad RR kleuters het vol opgewondenheid hul ruimtepakke aangetrek om die wonder van die ruimte te ontdek as deel van hul tema van die week. Die klas was vol sterre, planete en glimlagte terwyl die kinders met hul verbeelding die diep ruimte verken het.
29/05/2026
Maak gereed vir Laerskool Skuilkrans, in samewerking met Skuilkrosies Kleuterskool, se jaarlikse Gholfdag op 23 Junie 2026. Dis die perfekte geleentheid om deel te wees van 'n dag vol opwinding en sportmanskap.
Ons 4 B***e en putjies word vining opgeraap – bespreek vandag om jou spasie te verseker!
Stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou 4 Bal te registreer, ‘n putjie te borg of vir meer inligting.
Kom ons slaan 'n slag vir 'n wonderlike dag!
27/05/2026
Ons vier Slipper Dag op ‘n snoesige manier 🍫☕
Ons kleuters en peuters kan Vrydag, 29 Mei, hulle slippers en pajama’s skool toe dra vir ’n heerlike gesellige dag saam met hul maatjies.
Ons sien uit na ’n knus en lekker dag vol glimlagte!
26/05/2026
Op hierdie spesiale dag wil ons graag ons opregte gelukwense uitstuur aan jou, Juliene van der Poel, ons geliefde Graad RRR Juffrou! Mag jou verjaarsdag gevul wees met vreugde, liefde, en baie glimlagte. Dankie vir jou harde werk en toewyding - jy is 'n ware pilaar van ons skoolgemeenskap. 📚❤️
Ons hoop dat hierdie jaar vir jou voorspoed, sukses en talle gelukkige oomblikke sal bring. Geniet jou spesiale dag ten volle en weet dat jy baie waardeer word deur ons almal!
22/05/2026
Begin jou skoolreis hiér en vorm deel van ons Skuilie fondasie. Inskrywings is nou oop!
22/05/2026
Op hierdie spesiale dag wil ons graag ons opregte gelukwense uitstuur aan jou, Chrisandré Rudolph, ons geliefde Graad RRRR Juffrou en Graad RRRR Graadhoof! Mag jou verjaarsdag gevul wees met vreugde, liefde, en baie glimlagte. Dankie vir jou harde werk en toewyding - jy is 'n ware pilaar van ons skoolgemeenskap. 📚❤️
Ons hoop dat hierdie jaar vir jou voorspoed, sukses en talle gelukkige oomblikke sal bring. Geniet jou spesiale dag ten volle en weet dat jy baie waardeer word deur ons almal!