AP Akademie

AP Akademie

Share

Vir Hoër Onderwys wat roepingsgedrewe studente voorberei vir hul loopbaan.

23/06/2026

𝗔𝗔𝗡𝗟𝗬𝗡 𝗕𝗘𝗞𝗘𝗡𝗗𝗦𝗧𝗘𝗟𝗟𝗜𝗡𝗚
BSocSci Honneurs in Sielkunde

Die Afrikaanse Protestantse Akademie nooi alle belangstellendes regoor Suid-Afrika uit na die aanlyn bekendstelling van ons BSocSci Honneurs in Sielkunde.

Hierdie kwalifikasie bied aan studente die geleentheid om hul kennis van menslike gedrag, ontwikkeling, emosies en sielkundige prosesse verder te verdiep, terwyl hulle voorberei vir verdere studie- en loopbaangeleenthede binne die veld van sielkunde.

Datum: 4 Julie 2026
Tyd: 10:00
Aanlyn – woon dit van enige plek in Suid-Afrika by

Tydens die sessie sal ons meer inligting deel oor:
- Toelatingsvereistes
- Programstruktuur
- Studiemetodes
- Toekomstige studie- en loopbaanmoontlikhede
- Vrae en antwoorde

Bespreek jou plek:
Stuur 'n e-pos na [email protected] of stuur 'n WhatsApp na 067 752 5616

22/06/2026

𝗡𝗚𝗢𝗦
𝟮𝗱𝗲 𝗜𝗻𝗻𝗮𝗺𝗲: 𝟰 𝗠𝗲𝗶 – 𝟯𝟭 𝗝𝘂𝗹𝗶𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟲

Hierdie program stel jou in staat om met ’n reeds voltooide graad ‘n professionele onderwyskwalifikasie te verwerf. Dit word aanlyn aangebied, wat dit maklik maak om saam met werk of ander verantwoordelikhede te voltooi.

Studeer van enige plek af.

Skryf nou in!
Kontak ons vir meer inligting en begin 'n nuwe hoofstuk.
www.apa.ac.za/ngos
012 344 3960

21/06/2026

Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom
oor die wat Hom vrees. - Psalms 103:13

Gelukkige Vadersdag

20/06/2026

Woon ons aanlyn-inligtingsessie by!

Die AP Akademie is 'n Afrikaanse, Christelike privaat hoër onderwysinstelling wat geakkrediteerde graad programme aanbied.

Ons nooi alle belangstellendes om ons aanlyn-inligtingsessie by te woon.

Datum: 4 Julie 2026
Tyd: 11:00

Bespreek jou plek:
Stuur 'n e-pos na [email protected] of stuur 'n WhatsApp na 067 752 5616

Jou toekoms begin hier!

18/06/2026

𝗟𝗲𝗲𝗿 𝗼𝗺 𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝗿𝗶𝗴 𝗺𝗲𝘁 𝗶𝗻𝘀𝗶𝗴 𝘁𝗲 𝗴𝗲𝗲.

Die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) bied tans ‘n afstandsgebaseerde Nagraadse Gevorderde Onderwys Sertifikaat (NGOS of in Engels PGCE) aan in die Senior Fase (gr. 7-9) en Verdere Onderwys en Opleiding (gr. 10-12).

- Internasionaal aanwendbaar
- Kwaliseer om by SACE te registreer
- Geakkrediteerde programme wat wye erkenning geniet.
- Geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys.

Jou onderwysreis begin hier.
Doen nou aansoek vir ons 2de inname.
Besoek ons hier: www.apa.ac.za/ngos

17/06/2026

𝗡𝗚𝗢𝗦 𝗧𝗪𝗘𝗘𝗗𝗘 𝗜𝗡𝗡𝗔𝗠𝗘
4 Mei – 31 Julie 2026

Kandidate wat reeds oor ’n voltooide graad beskik, word hiermee die geleentheid gebied om ’n professionele onderwyskwalifikasie deur middel van hierdie program te verwerf. Die program word volledig aanlyn aangebied en is spesifiek gestruktureer om buigsaamheid te bied aan werkende volwassenes en individue met uiteenlopende verantwoordelikhede.

Jou onderwysreis begin hier!
Skryf nou in!

Kontak ons vir meer inligting en begin 'n nuwe hoofstuk.
www.apa.ac.za/ngos
012 344 3960

Photos from AP Akademie's post 17/06/2026

APA Teologiese Fakulteit neem deel aan TEASA 2026-konferensie

Die Teologiese Fakulteit van die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA) neem hierdie week, van Woensdag tot Vrydag, deel aan die TEASA-konferensie 2026, waar 152 teologiese dosente, navorsers en kerkleiers uit Kenia, Malawi, Zambië, Suid-Afrika en verskeie ander Afrika-lande saamkom.

Die tema van vanjaar se konferensie is “Biblical Truth and Contextualisation in African Context”, 'n onderwerp wat van groot belang is vir teologiese opleiding en die bediening van die kerk in Afrika. Die konferensie fokus op die vraag hoe die ewige waarheid van die Skrif getrou verkondig en toegepas kan word binne die uiteenlopende kulture, uitdagings en geleenthede van die Afrika-konteks.

Gedurende die konferensie word daar besin oor sake soos die verhouding tussen Bybelse waarheid en kultuur, kontekstualisering van teologiese opleiding, hermeneutiek in multikulturele omgewings, dissipelskap, Bybelse berading en die uitdagings wat nasionalisme, stamverband en sosiale geregtigheid aan die kerk stel.

Vir die APA bied hierdie geleentheid waardevolle blootstelling aan internasionale navorsing en gesprekke binne die gereformeerde tradisie. Dit skep ook geleentheid vir akademiese samewerking en die uitruil van idees met dosente van regoor die vasteland.

As vooraanstaande teologiese fakulteit in Suid-Afrika, wil die APA ook ons ervaring en kundigheid met dosente oor Afrika deel. Een van ons dosente, prof. Johan Bosman, bied vanmiddag 'n werkswinkel aan oor Bybelse Berading.

Ons is dankbaar vir die geleentheid om saam met broers en susters uit Afrika wat glo dat die Bybel God se Woord is, te besin oor die uitdaging om die onveranderlike Woord van God getrou te verkondig in 'n wêreld wat voortdurend verander.

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address


Farendenstraat 430
Pretoria
0002

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:45
Tuesday 07:30 - 15:45
Wednesday 07:30 - 15:45
Thursday 07:30 - 15:45
Friday 07:30 - 15:45