18/06/2026
RUITERSPORT
Jana Hartzenberg het die naweek by die vierde kwalifiserende rondte van SANESA, Ekurhuleni streek te Eaton Farm, deelgeneem.
Jou liefde en toewyding is 'n inspirasie!
*African sunrise*
6e plek 'Equitation 70cm' H2EQCL.HR
12e plek 'Prix Caprilli Beginner' H1PCCLbAll
*Kings Fort*
7e plek 'Working Riding level 1' H1WRCL.ALL
9e plek 'Dressage Novice' H2DRCLbHr
10e plek 'Dressage Novice' H2DRCLaHr
Trots op jou Jana! 🐴 ❤️💙
18/06/2026
Ons Randjie-Kultuur was behoorlik besig hierdie afgelope kwartaal!
Baie geluk aan ons redenaars en dansers met julle puik prestasies - ons sien uit om julle hoogtes saam met julle te vier! 💙❤️
18/06/2026
Op 13 Junie het ons skool se fietsryspan aan Cycle Lab se tweede wedren by Riversands Farm Village deelgeneem.
Dit was 'n heerlike dag van goeie fietsry en sterk kompetisie.
Ons uitslae was soos volg:
- Evan Naudé – 1ste plek (hy verwerf ook die geel voorloperstrui en teken die vinnigste rondte in sy ouderdomsgroep aan)
- Kirstin Roos – 8ste plek
- Erik Breedt – 10de plek
- Reinhardt Strydom – 20ste plek
Altesaam het 16 ryers Hoërskool Randburg met trots verteenwoordig. Elkeen van hulle het hul beste gegee, hard geveg en die skool se naam hoog gehou.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van hierdie ryers en sien uit na die volgende wedren!❤️💙
18/06/2026
🏐❤️💙 Netbalnuus ❤️💙🏐
Ons o. 14-, o. 16- en o. 17-spanne het op 15 en 16 Junie aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem. Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met hul harde werk en deursettingsvermoë!
🏐 o. 14
Groepwedstryde:
Wen Minerva 22–2
Verloor Randpark 9–10
Verloor Eldoraigne 4–9
Wen Khutlo Thato 16–4
Wen Montana 16–15
Wen Dinamika 16–11
Die span eindig gelyk tweede in hul groep op punte saam met Dinamika, maar skuif na derde plek op doelegemiddeld.
Uitspeelrondes:
Kwartfinaal: Gelykop teen Dr Malan; verloor 7–9 ná ekstra tyd
Semifinaal: Wen Monnas 15–5
Finaal vir posisie 13 en 14: Verloor teen Linden 13–15
🏅 Eindig 14de algeheel.
🏐 o. 17
Groepwedstryde:
Verloor teen Volkskool 8–21
Wen Leeuwenhof 15–11
Verloor teen Monnas 7–17
Wen Maisibenze 16–9
Verloor teen Affies 6–34
Verloor teen Job Rathebe 6–14
Die span eindig vyfde in hul groep.
Uitspeelrondes:
Kwartfinaal: Verloor teen Khutlo Thato 10–15
Semifinaal: Wen EG Jansen 14–10
Finaal vir posisie 21 en 22: Wen Thatulwazi 17–11
🏅 Eindig 21ste algeheel.
🏐 o. 16
Groepwedstryde:
Verloor teen Helpmekaar 12–22
Wen Marais Viljoen 14–10
Wen Tiisetsong 23–7
Wen Chipa Thabane 26–6
Wen Waterkloof 14–6
Wen Garsfontein 16–11
Die span eindig tweede in hul groep.
Uitspeelrondes:
Kwartfinaal: Wen Dinamika 18–13
Semifinaal: Verloor teen Menlopark 10–20
Finaal vir 3de en 4de plek: Verloor teen Helpmekaar 14–18
Eindig 4de algeheel en kwalifiseer vir die SA Kampioenskappe!
🌟 Baie geluk aan al drie spanne met hul deelname en uitstekende verteenwoordiging van die skool.
Spesiale gelukwense aan ons o. 16-span met hul top 4 posisie en kwalifisering vir die SA's. Ons is ongelooflik trots op julle! ❤️💙
15/06/2026
🏉 Rugbyuitslae: Hoërskool Randburg vs Hoërskool Riebeeckrand
'n Uitstekende dag op die rugbyveld vir Randburg!
Uitslae:
o. 14A wen 55–5
o. 14B wen 41–10
o. 15A wen 17–7
o. 15B wen 38–17
o. 16A wen 21–17
o. 16B wen 29–26
Derdes verloor 14-31
Tweedes wen 26–0
Eerstes wen 30–8
Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met hierdie uitstekende prestasie!❤️💙
14/06/2026
6 Hokkiespanne gaan Noordvaal kampioenskappe toe!
West/Central finaal uitslae:
🏑 Onder 14 Seuns wen 3–2 teen Hoërskool Noordheuwel. Hulle eindig 3de en kwalifiseer vir die Noordvaal B-bond.
🏑 Onder 16 Seuns verloor 0–4 teen Krugersdorp High School. Hulle eindig 4de en kwalifiseer vir die Noordvaal B-bond.
🏑 Eerste Span Seuns verloor 1–6 teen Krugersdorp High School. Hulle eindig 4de en kwalifiseer vir die Noordvaal B-bond.
Ons is ook baie trots om aan te kondig dat 3 van ons 4 dogterspanne vir Noordvaal gekwalifiseer het:
🏑 Onder 14 Dogters – Noordvaal Medium-bond
🏑 Onder 15 Dogters – Noordvaal Groot A-bond
🏑 Onder 16 Dogters – Noordvaal Medium-bond
’n Totaal van 6 spanne het vir Noordvaal 2026 gekwalifiseer!
Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met hierdie uitstekende prestasie. Julle harde werk, toewyding en spangees maak ons ongelooflik trots. 👏🏽🏑💙💛
11/06/2026
Baie sterkte aan die volgende spanne wat vanmiddag aan die uitspele deelneem! 💙❤️