26/05/2026
RHODES-BEURS//
Hoërskool Stellenbosch se alumni kwalifiseer nou om vir die Rhodes-beurs aansoek te doen!
Die Rhodes-beurs is 'n nagraadse toekenning wat talentvolle jong mense van regoor die wêreld in staat stel om voltyds aan die Universiteit van Oxford te studeer.
Aansoeke vir hierdie beurs maak volgende week op Maandag, 1 Junie oop.
Daar is 'n inligtingsessie rakende die beurs môre, 27 Mei.
Vir meer inligting, stuur 'n DM!
17/04/2026
KLAS VAN 2025//
In Januarie is hierdie leerders uitgewys as die top van die Klas van 2025 en ons het by hulle ingeloer oor wat hul planne vir die toekoms is.
Nou, maande later, is hulle volstoom besig om daardie planne 'n werklikheid te maak! 🤩
Sien gerus wat hulle planne is vir die lewe na skool ➡️
01/02/2026
ATLETIEK INTERSKOLE
Dieselfde gees, nuwe hoogtes! 🏃♀️
Aan al ons oud-leerders: die pawiljoene roep julle terug!
Ons beweeg tans in 'n nuwe era van atletiek soos die kompetisie, en pas, versnel het, so kom ervaar hoe die volgende generasie voortbou op julle nalatenskap.
📅 Dinsdag, 3 Februarie 2026
⏰ 12:00 - 21:00 (13:00 amptelike opening)
📍 Hoërskool Stellenbosch
29/01/2026
ANDRÉ MORGENTHAL
In liefdevolle herinnering aan André Morgenthal (klas van 1989).
André was 'n groot figuur in die wyn-sektor en sy bydrae tot Suid-Afrikaanse wyne en die industrie sal nie vergete gaan nie.
Ons gedagtes is met sy familie en geliefdes gedurende hierdie tyd.
24/12/2025
GRAAD GEKRY//
Baie geluk aan hierdie oud-leerders wat onlangs hul grade ontvang het! 👩🎓🧑🎓
22/12/2025
FRANCOIS ROSSOUW//
Francois Rossouw het onlangs die "2025 Toyota/Agri SA Young Farmer of the Year" gewen!🏆
Die alumni-span het bietjie by hom gaan inloer oor hierdie gesogte toekenning en wat dit vir hom beteken.
Baie geluk, Francois!
15/12/2025
GRAAD GEKRY//
Baie geluk aan hierdie oud-leerders wat onlangs hul grade ontvang het! 👩🎓🧑🎓
'n Spesiale geluk ook aan juffrou Staude wat haar doktorsgraad ontvang het! 🎓
Indien jy ook jou graad gekry het, stuur vir ons 'n DM.
KORREKSIES:
Charlise Prins slaag Cum Laude
Ester de Wet slaag ook Cum Laude
09/12/2025
NUUSBLAD//
Indien jy kan help skryf vir die nuusblad, kontak asseblief vir Jani Badenhorst by [email protected] ✍️
05/12/2025
GRAAD GEKRY?//
Het jy onlangs jou graad gekry?
Stuur gerus vir ons ‘n DM want ons wil graag vir jou erkenning gee! 👩🎓
01/12/2025
ALUMNI-KOMITEE//
Wil jy graag betrokke raak by ‘n oud-leerder komitee?
Ons is op soek na ‘n groep oud-leerders wat die Alumni sterker kan bedryf. Dui jou belangstelling aan deur die Google Form gestuur deur e-pos of hier: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe6MMBAbBXAYQF90pJ1nX88uX37xsZ9rOGB0nQtYJS8ExUCzQ/viewform