17/06/2026
📚✨ Ons Graad 8-leerders het vandag die voorreg gehad om ’n inspirerende besoek van die Gideon-organisasie te ontvang. 🙏
💙 Ons wil graag vir Herman en die Gideons hartlik bedank vir die waardevolle gesprek wat met ons leerders gedeel is, asook vir die Bybels 📖 wat hulle ontvang het.
🌟 Baie dankie vir julle tyd, toewyding en die positiewe verskil wat julle in ons leerders se lewens maak. Mag die saad wat vandag geplant is, nog lank vrug dra. 🙌📖✨
11/06/2026
📢 KENNISGEWING AAN OUERS EN LEERDERS
Neem asseblief kennis dat die skool op Maandag, 15 Junie en Dinsdag, 16 Junie gesluit sal wees as gevolg van die Vakansiedag en Jeugdag.
📚 Die skool heropen weer op Woensdag, 17 Junie.
Geniet die langnaweek en bly veilig! 💙
03/06/2026
Die MIDO hub was baie bedrywig tydens die kwartaal! Danksy die mediasentrum en MIDO se ondersteuning het die hub ’n kuberkol (hotspot) van navorsing, tegnologie en studie geword.
Ons leerders het die ruimte benut om navorsing vir take te doen, waartydens Cameron ook leerders gehelp het om hul tegnologiesevaardighede op te skerp. Opvoeders het ook gebruik gemaak van die tegnologie om lesse meer interessant en interaktief te maak. Leerders gebruik ook die hub om take en huiswerk te voltooi, asook om vir toetse en eksamens te leer.
Ons is dankbaar vir MiDO Foundation se onbaatsugtige ondersteuning — elke suksesvolle leerervaring hier is ’n bewys van julle belegging in ons leerders se toekoms. 💙📚
03/06/2026
🌟 Baie geluk aan Juf De Jager en Juf Dondas! 🌟
Ons is trots op Juf De Jager en Juf Dondas met die suksesvolle voltooiing van hul Ingenious Learning-opleiding en die ontvangs van hul sertifikate. 🎓📚
Hierdie prestasie getuig van hul toewyding tot voortdurende professionele ontwikkeling en hul passie om die beste moontlike onderrig aan ons leerders te bied.
Dankie vir julle harde werk, deursettingsvermoë en die positiewe verskil wat julle elke dag in die lewens van ons leerders maak.
✨ “Hoe meer ons leer, hoe beter kan ons inspireer.” ✨
💙💚📚🎓
01/06/2026
🥧🥤 PIE & COOLDRINK COMBO – SLEGS R40! 🥤🥧
Maak seker jy mis nie uit op hierdie heerlike aanbod nie! 😋
✨ King Pie + Cooldrink
💰 Slegs R40
📅 Beskikbaar op 5 Junie 2026
⚠️ Bestel en betaal voor 3 Junie 2026 om jou combo te verseker.
Ondersteun ons skool en geniet terselfdertyd ’n lekker bederf! 🙌💙
📍 Stellenzicht Sekondêre Skool
😍🥧🥤💙
30/05/2026
🎓👏 Baie geluk aan Juf De Jager en Juf Dondas wat die WKOD se Positive Behaviour-kursus suksesvol bygewoon het.
Die kursus fokus op die bevordering van positiewe gedrag, trauma-ingeligte ondersteuning, herstellende dissiplinepraktyke en die skep van veilige, ondersteunende leeromgewings waar leerders kan groei en ontwikkel. Opvoeders word toegerus met praktiese strategieë om uitdagende gedrag te verstaan, konflik konstruktief te hanteer en positiewe verhoudings in die klaskamer te bou.
Ons sien uit daarna dat hulle die waardevolle kennis en vaardighede met die res van die personeel deel, sodat ons saam kan voortgaan om elke leerder te ondersteun en ’n kultuur van respek, verantwoordelikheid en omgee by Stellenzicht te bevorder. 🌱📚✨