15/06/2026
Raai wie se bewerige hartjie is vol?
Official fan page for Dave Pepler
15/06/2026
Raai wie se bewerige hartjie is vol?
14/06/2026
Aan my gewaardeerde gasheer en gasvrou, weereens dankie vir hierdie salige tyd.
14/06/2026
Ek is onlangs gevra watter dier my die meeste fassineer. Sonder aarseling het ek gesê “Die Klipsprinkaan”.
Die volkome aanpassing van hierdie insek slaan jou asem weg.
13/06/2026
Skuinskoek met anyssaad.
Insuur, knie, rys, afknyp, rol en sny, weer rys, diepvet.
Netnou stap ons veldtoe, skuinskoek in die bladsak.
13/06/2026
Dial May van Matjiesfontein het gesê:
Meneer, ‘n klip het ‘n rugkant en ‘n maagkant.
Veral in die dorsland, met ‘n gebrek aan pale en droppers, staan hierdie stil monumente nou ongebruik.
Klipwerk is ons erfenis en verdien bewaring, want voor jy jou oë uitvee is daar niemand oor wat ‘n klip se maagkant meer ken nie.
11/06/2026
Met die skuinslig van winter sien mens dit nou maklik - klippe en selfs groot rotse toegespin met horisontale webdrade. Ek vermoed ‘n sosiale stelsel want die volume sy is te veel vir een wyfie.
Kan iemand hier help?
Dalk https://en.wikipedia.org/wiki/Stegodyphus_dumicola #
11/06/2026
Hierdie Engelse langboog is een van my geliefde objekte. Toentertyd het Johhny Snyman dit pasgemaak vir my, met elke millimeter na my hand en armlengte.
Voor jy los, moet jy die pyl se vlug indink, want daar is nie ‘n korrel nie.
11/06/2026
Na ‘n onlangse tv-onderhoud ontvang ek navrae oor my jongste boek SMELT.
Dis beskikbaar by Takelot, posgeld by koopprys ingesluit.
Smelt available to buy online at We offer fast, reliable delivery to your door.
Smelt | Shop Today. Get it Tomorrow! | takealot.com Smelt. Eligible for Cash on Delivery. Non-Returnable. Many ways to pay. Shop anything you can imagine!
10/06/2026
Die wind vandag het vlakte geken. Dit was koud.
Koue bring die sterre na vore - kyk hoe brand die aandster en Jupiter in die laaste oosterlig.
Die wolke lyk na die hart van ‘n toermalyn.
10/06/2026
Vandag se gifgoed.
Meeste gifgoed leef hier onder klippe. Onthou altyd om die klip terug te plaas in sy voetspoor.
Oupa Boy se raad vir enige steek of but was pypolie. Maar wie rook nog pyp deesdae?