Hoërskool Stellenbosch

Hoërskool Stellenbosch

Share

Hoërskool Stellenbosch is ’n besonderse skool waar ons soek na waarheid en egtheid. Hier is jy uniek, en bied ons vir jou vryheid binne ons omgee-gemeenskap.

Kom wéés. Klein genoeg om persoonlik te wees, groot genoeg om ‘n krag te wees. Om ons te vind op Google Maps, besoek gerus:

http://maps.google.com/maps/place?q=Ho%C3%ABrskool+Stellenbosch&hl=en&ie=UTF8&cid=5514296224726062194

Photos from Hoërskool Stellenbosch's post 23/06/2026

JEUGDAG

Op Jeugdag het ons ACE-beursatlete die geleentheid gehad om terug te gee aan die gemeenskap deur twee plaaslike ouetehuise: Langverwag Ouetehuis en Geluksoord Ouetehuis, te besoek.

Tydens die besoeke het hulle inwoners bedien, musiek gemaak, dienswerk verrig en waardevolle tyd saam met die inwoners deurgebring. Die dag was 'n mooi herinnering aan die belangrikheid van dankbaarheid, respek, omgee en diensbaarheid.

Photos from Hoërskool Stellenbosch's post 22/06/2026

OUDITORIUMS

Ons ouditoriums het uiteindelik hul foto's gekry! Elke ouditorium is na 'n bekende berg vernoem: Everest, Mont Blanc, Cotopaxi en Kilimanjaro.

Verskeie lokale op ons skoolterrein is na bekende plekke, hoofstede en natuurreservate vernoem. Só skep ons geleenthede vir leerders om meer van die wêreld rondom hulle te leer en te besef dat daar 'n wêreld vol moontlikhede is wat wag om ontdek te word.

Photos from Hoërskool Stellenbosch's post 21/06/2026
21/06/2026
Photos from Hoërskool Stellenbosch's post 19/06/2026

CON SPIRITO-DEBAT

Baie geluk aan al 6 ons Con Spirito-debatspanne wat deurgedring het om op 31 Julie en 1 Augustus 2026 aan die semifinale rondtes deel te neem.

Hierdie prestasie is veral besonder aangesien 5 van ons 6 spanne hulle debatte gewen het! Hoërskool Stellenbosch se debatspanne is hierdie jaar kookwater: moenie met hierdie leerders in ‘n woordwisseling betrokkke raak nie; jy gaan tweede kom.

17/06/2026

WIE WEET WAT?

Vyf van ons leerders, Daniël Schoonraad, Chloë Haupt, Amy Stander, Mia Smith en Anduné Morkel neem aan Wie Weet Wat, ’n algemene kennisvasvra- en speletjiesprogram op die VIA-kanaal deel.

Hou gerus die kanaal dop om hierdie groep leerders in aksie te sien.

Photos from Western Province Mountain Biking Commission's post 15/06/2026

🥇 Baie geluk, Leoné!

Photos from Hoërskool Stellenbosch's post 12/06/2026

CHEERLEADERS

Ons cheerleaders het op 30 Mei 2026 aan die jaarlikse Provinsiale Kampioenskappe by Hoërskool Brackenfell deelgeneem en uitstekende uitslae behaal:
• All Girl Vlak 3 – 2de plek
• All Girl Vlak 4 – 2de plek
• Co-Ed Vlak 4 – 1ste plek

Hierdie groep leerders vertrek op 2 Julie 2026 na Pretoria om aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem.

Baie geluk met hierdie prestasie! Ons wens hulle alle sterkte toe en vertrou dat hulle Hoërskool Stellenbosch met trots sal verteenwoordig.

Photos from Hoërskool Stellenbosch's post 12/06/2026

HENGEL

Baie geluk aan Ben Botes wat vir die o.16-Weskus Rots-en-Strandhengelspan verkies is. Hy sal die span tydens die SA-Kampioenskappe, wat in Januarie 2027 in Jeffreysbaai plaasvind, verteenwoordig.

Ons is baie trots en vertrou dit sal goed gaan!

10/06/2026

BMX

Baie geluk aan Iwan Meyer wat op 24 Mei 2026 'n eerste plek het tydens die BMX Cape Series #8 in die kategorie Novice Boys (13–14 jaar), behaal het.

Ons is trots op jou prestasie!

Want your school to be the top-listed School/college in Stellenbosch?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Jannaschstraat
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 07:20 - 15:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:20 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:20 - 14:00