Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Share

Ons bied opleiding in Afrikaans aan en lei tuisversorgers op. Studeer om 'n Tuisversorger te word by Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut.

24/06/2026

Het jy geweet?

Jy kan nou jou Tuissorgassistent-kursus deeltyds en aanlyn voltooi by Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut.

Aanvangsdatum: 4 Augustus 2026

Aansoeke vir 2026 is nou oop! https://form.jotform.com/261622324102038

Photos from Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut's post 23/06/2026

Wat vloei deur ons studente se bloed?
Versorging! ๐Ÿฉธ

na ons studente se inisiatief om 'n bloedskenkdag op kampus aan te bied, want versorging gaan nie net oor wat jy leer nie dit gaan oor hoe jy ander se lewens raak.

22/06/2026

Ons studente gee jou 'n voorsmakie van ons kampus... Hier word versorgers gebore.โ˜•๐Ÿ“š๐Ÿ’™

Kom ervaar ons kampus self tydens ons Kampusopedag op 27 Junie 2026 en ontdek meer oor ons opleidingsmoontlikhede en studentelewe.

19/06/2026

๐ŸŽ‰ GROOT AANKONDIGING! ๐ŸŽ‰
Tuisversorgingsopleiding is nou AANLYN beskikbaar by Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut.

Skryf nou in en begin reeds in 2026 jou reis na โ€™n betekenisvolle loopbaan in tuisversorging: https://form.jotform.com/261622324102038 ๐Ÿ’™

17/06/2026

๐ŸฉตGROOT NUUS IS OP PAD! ๐Ÿฉต

Daar is 'n leidraad op hierdie foto... ๐Ÿ‘€
Hier is nog 'n wenk: Dit gaan opleiding meer toeganklik maak vir mense wat tuisversorging wil studeer en 'n betekenisvolle verskil in ander se lewens wil maak.

Kan jy raai wat ons Vrydag gaan aankondig? ๐Ÿค”
Plaas jou raaiskoot hieronder. ๐Ÿ‘‡

Hou ons sosialemediablaaie dop โ€“ die groot aankondiging word Vrydag bekend gemaak!

Photos from Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut's post 16/06/2026

๐Ÿ’™ Ouma- en Oupadag by die Opleidingsinstituut ๐Ÿ’™

Ter afsluiting van die 'Turkoois vir Bejaardes'-veldtog het ons studente hul oumas en oupas na ons kampus genooi vir 'n dag vol lag, lekker eetgoed, speletjies en kosbare saamkuier.

Ons bejaardes het soveel wysheid, liefde en opoffering aan ons gemeenskappe gegee. Daarom glo ons dat elke ouma en oupa verdien om geliefd, waardeer en raakgesien te word.
Soms maak 'n besoek, 'n gesprek of 'n paar uur se kwaliteittyd 'n groter verskil as wat ons besef.

Baie dankie aan elke student wat gehelp het om hierdie dag spesiaal te maak.๐Ÿ’™

15/06/2026

๐ŸฉตOp 15 Junie is dit Internasionale dag teen die mishandeling van ouer persone.๐Ÿฉต

Baie bejaardes is eensaam. Baie ly in stilte. Baie is afhanklik van vreemdelinge.

Help ons om tuisversorgers op te lei wat bejaardes met deernis versorg:

www.helpendehandopleiding.co.za/skenk-nou/


11/06/2026

๐Ÿ“ข Groot aankondiging is op pad! ๐Ÿ“ข

Iets opwindend is aan die kom by die Opleidingsinstituutโ€ฆ ๐Ÿ‘€

Kan jy raai wat dit is?

Baie mense het daarvoor gevra. Nou is dit amper hier!

Versorging is jou beste leermeester | Opleidingsinstituut 05/06/2026

Tuisversorging is jou beste leermeester.

Elke pasiรซnt vorm deel van jou lewensreis.
Hulle vertel stories, gee raad en deel wysheid wat jy vir altyd saam jou sal dra.

๐Ÿ‘‰ Begin jou reis vandag. Woon ons Kampusopedag by en skryf in vir ons kursus.
https://forms.cloud.microsoft/r/QWpCU593rT

Versorging is jou beste leermeester | Opleidingsinstituut In โ€˜n sonligkol op die stoep, tussen โ€˜n beker koffie sonder suiker en โ€˜n gebreide kombers, sit Tannie Martie en wag โ€ฆ Nie vir haar kinders nie โ€“ hulle woon lankal oorsee.Nie vir haar man nie โ€“ hy het al jare gelede stil geraak.Nie op die personeel nie โ€“ haar voete ken reeds die roete.....

04/06/2026

Stel jy belang in Tuisversorging? ๐ŸŒฟ

Ons nooi jou graag uit na ons Kampusopedag op 27 Junie 2026 tussen 08:00 en 12:00.

Kom vind meer uit oor Tuisversorging, ons opleidingsmoontlikhede en moontlike loopbaanuitkomste in die versorgingsveld. ๐Ÿ’™

Registreer hier: https://forms.cloud.microsoft/r/QWpCU593rT


Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


433 David Langley Street, Garsfontein
Pretoria
0042

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00