Hoërskool Overvaal

Hoërskool Overvaal

Share

Welkom by die "Valie-familie"! Sedert 1980.

• Overvaal gebruik sosiale media platforms om ons topklas skool aan die gemeenskap te bemark.

• Indien u, uself skuldig maak aan enige oortreding rakende Overvaal se onderstaande Sosiale Media-beleid, sal verdere stappe teen u geneem moet word.

• Vir enige skoolverwante navrae, komplimente of klagtes, kontak asseblief die skool direk by 016 429 1792 of via e-pos: [email protected].

22/06/2026

𝐕𝐀𝐋𝐈𝐄 𝐇𝐎𝐊𝐊𝐈𝐄 🏑

21/06/2026

Stanley is al vir jare 'n getroue ondersteuner van Overvaal-hokkie. Met sy groot passie vir die sport en sy opregte liefde vir die ontwikkeling van jong spelers, maak hy 'n verskil waar hy ook al betrokke raak.

Ons is dankbaar dat ons hom kon ondersteun met die inisiatief wat hy begin het om laerskoolhokkiespelers te ontwikkel en nuwe geleenthede vir groei te skep. Hierdie projek, Trovant (Achieving the Impossible), dra reeds vrugte en ons glo dit gaan nog baie groei.

'n Opregte dankie aan Martina Hamman vir haar bydrae met die borg van hemde en kouse. Die opgewondenheid van hierdie seuns en dogters het, is iets besonders.

Wanneer mense met passie, omgee en 'n hart vir jongmense saamwerk, gebeur groot dinge. Een hand help die ander — en saam bou ons aan die toekoms van hokkie.

21/06/2026

𝐀𝐚𝐧 𝐚𝐥 𝐨𝐧𝐬 𝐕𝐚𝐥𝐢𝐞-𝐩𝐚’𝐬 – 𝐆𝐞𝐥𝐮𝐤𝐤𝐢𝐠𝐞 𝐕𝐚𝐝𝐞𝐫𝐬𝐝𝐚𝐠! 💙

Vandag vier ons die manne wat nie altyd die hardste praat nie, maar wie se liefde elke dag duidelik sigbaar is. Die pa’s wat vroeg opstaan, laat ry, langs sportvelde staan, by kultuurgeleenthede ondersteun, raad gee wanneer dit nodig is en stilweg opoffer om vir hulle gesinne die beste moontlike geleenthede te skep.

Dankie dat julle vir ons leerders wys wat dit beteken om met integriteit, deursettingsvermoë en liefde te leef. Julle voorbeeld vorm nie net julle eie kinders nie, maar laat ook ’n blywende indruk op ons hele Valie-gemeenskap.

Mag julle vandag bederf word, gewaardeer voel en herinner word aan die groot verskil wat julle elke dag maak.

Aan elke pa, oupa en vaderfiguur – dankie dat julle die ankers is wat ons kinders help om sterk, veilig en met selfvertroue die toekoms tegemoet te gaan.

Gelukkige Vadersdag! 💙

Photos from Hoërskool Overvaal's post 19/06/2026

𝐕𝐀𝐋𝐈𝐄 𝐆𝐇𝐎𝐋𝐅𝐃𝐀𝐆 𝟐𝟎𝟐𝟔

'n Opregte woord van dank aan elke borg, deelnemer, ondersteuner en lid van die Valie-gemeenskap wat ons Gholfdag 2026 so 'n groot sukses gemaak het. Julle ondersteuning, entoesiasme en betrokkenheid het hierdie dag besonders gemaak.

'n Spesiale dankie aan ons hoofborg, Officecor, vir julle waardevolle ondersteuning en vennootskap. Dankie ook aan TMD Group vir die borg van die goodiebags wat elke speler met waardering ontvang het.

Aan ons toegewyde Valie-personeel – baie dankie vir elke uur se beplanning, voorbereiding en harde werk voor, tydens en ná die dag. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Dankie aan elke speler wat ingeskryf het, elke besigheid wat betrokke geraak het en elke persoon wat op enige manier bygedra het. Julle het gehelp om nie net 'n suksesvolle gholfdag aan te bied nie, maar ook om 'n verskil vir ons skool en leerders te maak.

Borge/Putjieborge:

Officecor (Hoofborg)
TMD Services (Goodiebag borg)
Rotating Engineering
Hamman Boerdery
Vaal Toyota
Dischem
Shade Masters
Red Door Properties
Vurhu
VDM MEAT CO
Anjali DroneTech
Pro Risk Consulting
Copper & Salt
Snyman Pieters
Jackie Krog-Coetzee
Karien Tolmay

(Indien ek iemand uitgelaat het, laat weet my asb!)

Eenmaal 'n Valie, altyd 'n Valie. ⛳

19/06/2026

𝐊𝐑𝐈𝐄𝐊𝐄𝐓𝐏𝐑𝐎𝐄𝐖𝐄 - 𝐒𝐄𝐍𝐈𝐎𝐑𝐒 🏏

19/06/2026

𝐁𝐀𝐈𝐄 𝐒𝐓𝐄𝐑𝐊𝐓𝐄 𝟎/𝟏𝟓'𝐒 🏉

19/06/2026

𝐊𝐑𝐈𝐄𝐊𝐄𝐓𝐔𝐈𝐓𝐒𝐋𝐀𝐆 🏏

Ons krieketseuns het gister in 'n vriendskaplike wedstryd kragte gemeet met Hoërskool Dr. Malan.

Die Valies het 'n uitstekende vertoning gelewer en die wedstryd met 15 lopies gewen!

Baie geluk aan ons spelers en afrigters met die mooi oorwinning. Ons is trots op julle harde werk, spangees en toewyding.

19/06/2026

𝐕𝐀𝐋𝐈𝐄 𝐃𝐄𝐁𝐀𝐓 🗣️

Photos from Hoërskool Overvaal's post 18/06/2026

𝐓𝐑𝐎𝐓𝐒 𝐎𝐏 𝐎𝐍𝐒 𝐕𝐎𝐄𝐃𝐄𝐑𝐒𝐊𝐎𝐋𝐄!

Laerskool Vryheidsmonument Laerskool Risiville

Want your school to be the top-listed School/college in Vereeniging?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


Reynoldsstraat 7, Falcon Ridge
Vereeniging

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:30
Tuesday 07:00 - 14:30
Wednesday 07:00 - 14:30
Thursday 07:00 - 14:30
Friday 07:00 - 14:30